Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seun en sussie ‘gelukkiger in kinderhuis’ as by pa

“Ek is nie seker hoe ek oor my pa voel nie. Ek voel nie op die oomblik iets vir hom nie,” het ’n 12-jarige seun Woensdag op kringtelevisie in die Bloemfonteinse streekhof teen sy pa getuig.

Die 36-jarige pa wat van verkragting, aanranding, seksuele aanranding en die blootstelling van ’n minderjarige aan seksuele dade aangekla word, staan Woensdag in die streekhof in Bloemfontein. Foto: ALZANE NARRAIN

Terwyl hy getuig het hoe hy en sy 14-jarige suster “gelukkiger” in ’n kinderhuis as by hul pa is, was die trane by tye vlak in sy 36-jarige pa se oë.

Dié werktuigkundige van ’n woonwapark in Bloemfontein ontken voor streeklanddros Jan Greyvenstein skuld op aanklagte van verkragting, aanranding, seksuele aanranding en die blootstelling van ’n minderjarige aan seksuele dade.

“Hy het nooit aandag aan ons gegee nie. Hy was net af en toe vriendelik met ons. Hy was baie min by die huis,” het die seun getuig.

Wanneer hy iets verkeerd gedoen het, het sy pa hom so sleggesê dat hy “baie ongelukkig” gevoel het.

Die seun sê sy pa en stiefma het vir hulle whiskey ingegee.

Hy sê toe hy en sy suster van hul pa af weggeneem is, was hy baie gelukkig. “Die kinderhuis is ’n beter plek as waar ons gebly het.”

’n 13-jarige skoolmaat van sy suster het Woensdag getuig die meisie het haar op 9 September verlede jaar van die seksuele mishandeling vertel.

“Ons het in ons kombuis gesit en gesels. Toe begin sy net huil. Toe sy ons vertel wat haar pa in die aande aan haar doen, was sy baie hartseer en het begin bewe.”

Sy het getuig dat die meisie se stiefma glo van die dade geweet het.

Die volgende dag het die skoolmaat haar ma vertel wat met haar vriendin gebeur.

Die verhoor is tot later vandeesmaand uitgestel.

Adv. Tammy McPherson kla aan. Mosiuwa Mokoena van Regshulp SA tree vir die man op.

Meer oor:  Hofsaak  |  Kinders  |  Kinderhuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.