Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Seun lewend begrawe: Pa 20 j. tronkstraf opgelê

’n Pa van Limpopo wat sy vyfjarige seun lewend in ’n vlak graf begrawe het, is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Lai Phepheng (36) van die Ngwanamatle-nedersetting in die Jane Furse-gebied het op 1 Desember 2019 sy seun, Thato (5), vermoor.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê Phepheng het skuld beken op die aanklag van moord.

“Hy het aan die hof gesê hy was baie kwaad omdat sy vrou, Thato se ma, van hom geskei het en dit is waarom hy hom vermoor het.”

Phepheng het Thato by sy ouma se huis in Germiston gaan haal terwyl sy gewese vrou by die werk was.

Hy het die seun na sy huis in Jane Furse geneem, waar hy hom lewend in ’n vlak graf in sy erf begrawe het.

Bure het etlike dae later onraad vermoed toe hulle nie die seun gesien het nie. Die polisie is ontbied, waarna in die vlak graf op die seuntjie se lyk afgekom is. Thato het in die vlak graf versmoor.

Adv. Sontaga Malefahlo, staatsaanklaer, het die hof gevra om Phepheng swaar te straf.

“Die moord op die onskuldig kind was gewelddadig en wreed. Hy het geweet sy seun is onskuldig, maar hy niks vir hom omgegee nie.”

Malefahlo het gesê hoewel Phepheng berou getoon het, is dit nie genoegsame rede om hom nie ’n swaar vonnis op te lê nie.

“Die moord op vroue en kinders is ’n ernstige probleem in ons land en die howe moet ’n sterk boodskap stuur dat dié euwel nie geduld sal word nie.”

Die saak het gedien voor regter Ephraim Makgoba, regterpresident van Limpopo.

Malabi-Dzhangi het gesê die NVG verwelkom die vonnis.

Meer oor:  Polokwane  |  Pa  |  Seuntjie  |  Begrawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.