Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Shaik bedank Ramaphosa vir sy vryheid
Schabir ShaikFoto: Felix Dlangamandla

Schabir Shaik het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag daarvoor bedank dat hy “eindelik vry is”.

Shaik, veroordeelde bedrieër en oudpres. Jacob Zuma se finansiële raadgewer, was sedert Maart 2009 tot Februarie vanjaar in huisarres omdat hy na bewering terminal siek is. Hy het vroeër vandeesmaand ná die maand lange Ramadaan weer vir die eerste keer in jare Eid-ul-Fitr as ‘n vrye man gevier.

Hy is in 2005 weens bedrog en korrupsie vir 15 jaar tronk toe gestuur vir sy aandeel in die wapenskandaal. Hy het twee jaar en vier maande daarvan uitgedien voordat parool aan hom toegestaan is.

Hy het nou kwytskelding vir die res van sy vonnis ontvang nadat Ramaphosa in Desember 14 500 oortreders begenadig het as deel van Versoeningsdag-vieringe.

Shaik het Vrydag die woorde van eerw. Martin Luther King gebruik en gesê: “Free at last, I am free at last, thank God I am free at last.”

Hy het Ramaphosa bedank en gesê hy is dankbaar en verlig dat hy hiervoor in aanmerking gekom het.

“Nou kan ek terugkeer na ’n normale lewe. Ek gaan probeer om ’n lewe van eenvoud te lei,” sê hy.

“Integrasie na 15 jaar is nie maklik nie. Die geestelike inperking is erger as die fisieke inperking. Dit het sy tol geëis. Maar ek is baie dankbaar. Dit is al wat ek kan sê – en ek voel geseënd.”

Shaik het tydens sy verhoor getuig meer as R1,2 miljoen se betalings is deur hom aan Zuma gemaak, maar dit was weens hul vriendskap en nie om die toekenning van miljarde rande se wapenkontrakte te beïnvloed nie.

Zuma moet nog oor hierdie betalings in die hof verskyn.

  • Die berig is bygewerk nadat dit aanvanklik gepubliseer is.
Meer oor:  Schabir Shaik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.