Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Shivambu se broer moet R1,78 m. aan likwidateurs betaal

Die hooggeregshof in Johannesburg het Brian Shivambu, die broer van Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, en ’n begunstigde van VBS Mutual Bank, beveel om R1,78 miljoen aan die bank se likwidateurs te betaal.

Die Mail&Gaurdian berig die bevel hou verband met ’n aansoek deur Anoosh Rooplal, likwidateur van die bank, in ’n poging om R2,7 miljoen terug te kry.

Dié bedrag was deel van ’n lening van R4 miljoen wat laat in 2017 aan Shivambu se maatskappy Sgameka Projects toegestaan is.

Rooplal het in sy hofaansoek gesê Shivambu (31) het nie die lening laat diens nie en was met meer as R2,7 miljoen agterstallig.

Brian Shivambu. Foto: Twitter

Volgens die Mail&Gaurdian is sowat R1 miljoen van die geld terugbetaal sedert die hofgeding begin het.

Shivambu het nie dadelik op die koerant se navrae reageer nie en ’n WhatsApp-boodskap wat na sy nommer gestuur is, is gelees, maar nie beantwoord nie.

Business Day berig Rooplal het gevra dat Sgameka Projects onder likwidasie geplaas word weens die verbreking van die R4,2 miljoen-kontrak.

Rooplal het vroeër aan die Sunday Times gesê twee aansoeke is gedoen – een teen Shivambu en die ander een teen sy maatskappy. Dit is deel van die pogings om die miljoene wat deur VBS verloor is, te herwin, berig Business Day.

Rooplal het Donderdag op die radiostasie 702 gesê die geld kom stadig in en die bevel teen Shivambu het ’n betaling tot gevolg gehad.

Hy wou egter nie sê hoeveel van die gesteelde R1,5 miljard al teruggevind is nie.

“Ons hoop om soveel as moontlik terug te kry.”


Meer oor:  Brian Shivambu  |  Vbs Mutual Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.