Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-moord: Bakili laat vaar aansoek om borgtog

Die einste gehuurde motor wat Kibi Stanley Bakili die dag van die moord op Louis Siemens bestuur het, het minute voor die moord voor die Prellerplein-winkelsentrum gestaan en luier.

Bakili het sowat 30 minute nadat hy deur Johan de Vries, die aanklaer, in die landdroshof in Bloemfontein kruisondervra is oor dié bewerings in sy aansoek om borgtog, die aansoek laat vaar.

Kibi Stanley Bakili Foto: Mlungisi Louw

Hy staan tereg op moord op Siemens, die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Bloemfontein. Siemens is op 10 Mei in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum doodgeskiet.

De Vries het aan Bakili gesê dat daar op kringtelevisie gesien is dat ’n man met ’n groen baadjie van die toneel weghardloop waarna hy in ’n wit Polo gespring het. Die motor het hierna van die toneel weggejaag.

“Dit is dieselfde motor wat jy vroeër erken het jy die dag van die voorval van die winkelsentrum na jou huis gery het. Die groen baadjie wat die man aangehad het, is ook later in die Jeep saam met ’n sleutel van die Polo gevind.”

Bakili het nie hierop geantwoord nie.

Hy het vroeër in kruisondervraging erken dat hy die wit Polo bestuur het.

“Niemand behalwe ek het daardie dag die motor bestuur nie.”

De Vries sê dit is hier waar hy in hegtenis geneem is nadat ’n sekuriteitswag hom herken het.

Bakili het getuig dat sy sokkerafrigter die Polo gehuur het omdat sy Jeep Cherokee, wat hy by Siemens as geskenk gekry het, by die garage was.

Hy het verder getuig dat dit ook dieselfde motor is waarmee hy na die Prellerplein-winkelsentrum gery het om Siemens, ’n sakevennoot wat soos ’n broer was, te ontmoet.

Bakili het getuig dat hy ná die vergadering na sy huis in Lilyvale gery het, waar hy motors geruil het.

Hy is toe in sy Jeep Cherokee na die Windmill-casino om Paolo Giorgi, sy prokureur in ’n bedrogverhoor, te ontmoet.

Bakili sê hy is hierna terug na die Prellerplein-sentrum nadat hy van Giorgi van Siemens se dood verneem het.

De Vries sê dit is hier waar hy in hegtenis geneem is nadat ’n sekuriteitswag hom herken het.

Hy het gesê dat die staat al reeds vroeg in die verhoor ’n sterk saak teen Bakili het.

Bakili verskyn weer in Julie in die hof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.