Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-moord: Oud-advokaat bly agter tralies

Die gewese advokaat Karabo Tau en Sizwe Mpati, wat ook by die moord op Louis Siemens van Bloemfontein betrek word, gaan Kersfees en Nuwejaar agter tralies deurbring na die staat nie gereed was om met hul aansoek om borgtog voort te gaan nie.

Karabo TauFoto: Facebook

Verwarring het Vrydag geheers toe dit blyk dat die staat besluit het om die twee se aansoeke om borgtog teen te staan nadat die indruk Donderdag gewek is dat dit nie die geval is nie.

Inligting wat Tau aan die polisie sou gee, sou ’n rol speel.

Landdros Vuyelwa Mahamba was ooglopend omgekrap en het gesê dit lyk asof die hof ingesleep word in ’n poging van die staat om die twee verdagtes as gyselaar te hou.

Dit is onaanvaarbaar en sy is glad nie gemaklik met die stand van sake nie, het Mahamba gesê.

Aan die een kant het Keith Muller, namens die staat, gesê Tau het nie aan die polisie die inligting gegee wat hy belowe het nie.

Aan die ander kant het sers. Buyisile Jona, die ondersoekbeampte, op navraag van die hof gesê die staat kon nog nie al die inligting wat Tau gegee het, bevestig nie.

Hy kry ook nou samewerking van Mpati. Die inligting wat hý gegee het, moet nog bevestig word.

Tau, wat vroeër as advokaat gepraktiseer het voordat hy van die rol geskrap is, het gesê hy skuld die staat niks. Hy en Jona het ’n informele gesprek gehad.

“Ek het vir hulle die inligting gegee wat hulle wou hê.”

Hy het gesê die staat was Donderdag ook nie gereed om te begin nie. “Die staat het ons mislei. Dit is onregverdig.”

Charlotte Wesso van R.C. Ismail-prokureurs, Mpati se nuwe prokureur, was ook onder die indruk die aansoek vir borgtog gaan nie teengestaan word nie. Mpati se werk kom nou in die gedrang omdat hy so lank in aanhouding is, sê Wesso.

Die aansoek om borgtog is tot 7 en 8 Januarie uitgestel.

* Tau en Mpati is aangekeer oor beweerde ontvoering wat nie met die moord op Siemens verband hou nie.

Die vuurwapen wat vermoedelik gebruik is om Siemens op 10 Mei vanjaar in Bloemfontein te vermoor, is egter in Mpati se motor gekry.

* Siemens was die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Prellerplein, Bloemfontein.

Meer oor:  Karabo Tau  |  Bloemfontein  |  Kersfees  |  Nuwejaar  |  Tronk  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.