Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-moord: Skieter moet 22 j. sit

Een van die huurmoordenaars van Louis Siemens (52), voormalige besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in die Prellerplein-sentrum in Bloemfontein, is effektief tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.

Xolisile Mbebeto (38) van Port Elizabeth het Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein skuld beken op aanklagte dat hy Siemens op 10 Mei vanjaar in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum in Dan Pienaar doodgeskiet het en ook dat hy onwettig in besit van ’n semi-outomatiese pistool en ammunisie was.

Regter Celéste Reinders het hom op dié drie aanklagte tot altesame 35 jaar tronkstraf gevonnis. Hy sal die vonnisse só samelopend uitdien dat sy effektiewe tronkstraf 22 jaar is.

Luidens sy pleitverduideliking was Mbebeto die een wat die sneller getrek het voordat Siemens die middag voor die loop van die 9 mm-pistool dood op die vloer neergesyg het.

Die vermoorde Louis Siemens.

Mbebeto, wat ook as Botha bekend staan, het ook onderneem om die polisie te help met die vervolging van die ander mense wat by die voorval betrokke is.

Die polisie is steeds op soek na sy helper wat saam met hom in die kelderverdieping was.

Mbebeto het ooglopend baie pyn in die beskuldigdebank verduur. Sy gesig het telkens van pyn vertrek.

Hy is sowat vier maande gelede in Kimberley raakgery. Die motor wat hom getref het waar hy langs ’n ander

motor gestaan het, het weggejaag.

Drie ander mans wat ook in verband met die moord op Siemens in hegtenis geneem is – Stanley Bakili (37), konst. Kagisho Ishael Chabane (39), ’n hofordonnans in die landdroshof in Bloemfontein, en konst. Molebatsi John Mogoera (40) van die Bayswater-polisiekantoor – se verhoor in die landdroshof in Bloemfontein is tot Vrydag uitgestel, wanneer hulle formeel om borgtog gaan aansoek doen.

Adv. Johan de Nysschen het aangekla. Peter van der Merwe van SA Regshulp het vir Mbebeto opgetree.

Meer oor:  Louis Siemens  |  Skieter  |  Vonnis  |  Siemens-Moord  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.