Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-saak: Bakili se prokureur onttrek hom
Koppe bymekaar in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Bloemfontein. Voor die begin van die voorverhoor ná die moord op Louis Siemens het veral van die beskuldigdes wat in aanhouding was en dié wat op borgtog uit is met tye indringend met mekaar gesels. Van links Sizwe Mpati, Mojalefa (Jali) Molosi, Karabo Tau, kapt. Moeketsi Lesia, Stanley Bakili en konst. Molebatsi John Mogoera. Foto: ALZANE NARRAIN

Die prokureur van die vermeende baasbrein in die opspraakwekkende sluipmoord op die sakeman Louis Siemens in Bloemfontein het hom van die verhoor onttrek.

Luthando Tshangana is nie meer Stanley Bakili (38) se prokureur nie nadat regter Martha Mbhele hom Maandag van die verhoor in die Vrystaatse hooggeregshof verskoon het.

Bakili het voor Mbhele in ’n voorverhoor gesê hy sal nog met Tshangana praat, maar laasgenoemde het te kenne gegee dat hy nie bereid is om hom verder te verteenwoordig nie.

Bakili het toe gesê hy sal vir hom ander regsverteenwoordiging kry.

Mbhele het hom gewaarsku dat die verhoor in Oktober sal voortgaan, of hy ’n regsverteenwoordiger kry of nie.

Louis Siemens

Die agt beskuldigdes het ook by monde van adv. Danie Pretorius gehoor dat die staat nie bereid is om hul selfone, waarop die polisie beslag gelê het, aan hulle terug te gee nie.

Van die beskuldigdes het vroeër gevra dat hul selfone teruggegee word.

Dié selfone kon dalk instrumenteel gewees het in die pleeg van die misdade waarop hulle teregstaan.

Die voorverhoor is tot volgende maand uitgestel.

* Die ander beskuldigdes is kapt. Moeketsi Lesia (57), Bayswater se speurtakbevelvoerder, een van sy speurders, konst. Molebatsi John Mogoera, konst. Kagisho Ishmael Chabane, ’n hofordonnans in die landdroshof in Bloemfontein, Clive Tshivenga, ’n weermaglid vroeër van 44 Valskermbataljon in Bloemfontein, Karabo Tau (41), ’n gewese advokaat, Sizwe Mpati (36), ’n IT-tegnikus, en Mojalefa (Jali) Molosi.

Molosi en Xolisile (Botha) Mbebetho was die twee huurmoordenaars wat R200 000 vir die moord sou kry. Mbebetho het reeds skuld beken en dien 22 jaar tronkstraf uit.

Almal word van die moord op 10 Mei verlede jaar op

Siemens, alternatiewelik sameswering tot moord, aangekla.

Nie almal word op al die ander aanklagte aangekla nie.

Lesia is op borgtog van R10 000 en Tau en Mpati op borgtog van R5 000 elk uit. Die ander is in aanhouding.

Meer oor:  Louis Siemens  |  Bloemfontein  |  Sluipmoord  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.