Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-saak: Klag teen advokaat laat vaar

Die staat het die aanklag van korrupsie en dat hy bevoordeel is deur die sluipmoord op Louis Siemens (52) van Bloemfontein, teen ’n regsadviseur van die provinsiale departement van gesondheid in die Vrystaat laat vaar.

Adv. Justice Vinger vroeër in die beskuldigdebank van die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Adv. Justice Vinger het Vrydag duidelik verlig gelyk toe adv. Johan de Nysschen, namens die staat, in die landdroshof in Bloemfontein voor landdros Samanga Nteshe vra dat die aanklagte teruggetrek word.

Vinger, wat sedert Dinsdagaand in aanhouding was, bly steeds ’n staatsgetuie in die moordverhoor waarin Stanley Bakili en sewe ander mans in verband met Siemens se moord op 10 Mei 2018 in die kelderverdieping van die Prellerplein-winkelsentrum in Dan Pienaar aangekla word.

Benewens Vinger is die name van dr. David Motau, hoof van die provinsiale departement van gesondheid, en Pinky Belot ook op die lys van getuies in die verhoor wat einde Oktober in die hooggeregshof begin.

Hulle drie dien in die komitee wat oor die toekenning van lisensies vir hospitale in die provinsie besluit.

Luidens die klagstaat beweer die staat dat Siemens R6,5 miljoen omkoopgeld aan Bakili betaal het nadat hy vir lisensies vir die uitbreiding van die CityMed-daghospitaal in Dan Pienaar aansoek gedoen het.

Siemens was die besturende direkteur van die hospitaal.

Tshepo Thusi van Tshepo Thusi-prokureurs het vir Vinger opgetree.

Meer oor:  Louis Siemens  |  Bloemfontein  |  Korrupsie  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.