Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Siemens-verdagte vermoor na bewering nog 7

Die jongste beskuldigde in die opspraakwekkende moord op Louis Siemens word glo met verskeie ander moorde in Bloemfontein en Lesotho verbind.

Louis Siemens

Mojalefa Jali Molusi (29), een van die vermeende huurmoordenaars van Siemens, het Donderdag vlugtig in die streekhof in Bloemfontein verskyn nadat hy maande lank sy verhoor op ’n aanklag van poging tot moord in ’n ander saak ontduik het.

Molusi is Woensdagaand by sy ma se huis in Fase 2 in Bloemfontein in hegtenis geneem, nadat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming in Oktober verlede jaar in die streekhof uitgereik is toe hy nie vir pleitverrigtinge by die hof opgedaag het nie.

Hy was op waarskuwing uit in die saak van poging tot moord op Mtame Ramathebane (19) in 2015 toe hy na bewering op 10 Mei verlede jaar in die kelderverdieping van die Prellerplein-sentrum in die stad was toe Siemens doodgeskiet is. Hy het boonop glo in 2017 vier ander mense in die woonbuurte Fase 2 en Caleb Motshabi doodgeskiet.

Molusi word ook met drie ander moorde in Lesotho verbind.

Enkele ure nadat streeklanddros Marina Voges sy borgtog Donderdag ingetrek het, is hy in verband met dié moorde in Bloemfontein aangekla.

Xolisile Mbebeto (38), wat in November verlede jaar beken het dat hy die sneller getrek het wat Siemens se dood veroorsaak het, betrek Molusi by dié huurmoord.

Mbebeto, wat 22 jaar tronkstraf opgelê is, sê in sy pleitverduideliking Molusi was sy helper.

Molusi het Siemens uit die hysbak gepluk voordat hy geskiet is. Hoewel Molusi gewapen was, het hy volgens Mbebeto nie geskiet nie. Hy het wel die wegkom-motor bestuur.

Enkele ure nadat streeklanddros Marina Voges sy borgtog Donderdag ingetrek het, is hy in verband met dié moorde in Bloemfontein aangekla.

Molusi moet later die maand weer in die hof verskyn.

Sy saak sal later gevoeg word by dié van die ander verdagtes in die Siemens-moord. Hulle is Stanley Bakili, die vermeende opperbrein, konst. Kagisho Ishael Chabane, ’n hofordonnans in die landdroshof in Bloemfontein, konst. Molebatsi John Mogoera, ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, kapt. Moeketsi Lesia, die speurtakbevelvoerder van die polisiekantoor in Bayswater, Karabo Tau, ’n gewese advokaat, en Sizwe Mpati, ’n IT-tegnikus.

Adv. Johan de Nysschen het aangekla.

Siemens was die besturende direkteur van die CityMed-daghospitaal in Prellerplein, Bloemfontein.

Meer oor:  Louis Siemens  |  Moord  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.