Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sirkusbaas Brian Boswell laat vaar eis teen DBV

Die sirkusbaas Brian Boswell het ’n skadevergoedingseis van meer as R16 miljoen teen die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) laat vaar.

Die eienaar van die Boswell Circus sal ook die NDBV se regskoste betaal wat aangegaan is om dié eis teen te staan.

’n Tier van die Brian Boswell-sirkus. Die foto is in 2011 geneem.

Die dierewelsynorganisasie sê in ’n verklaring Boswell het hulle in 2016 vir R16 349 805,36 – plus rente – gedagvaar weens ’n beweerde verlies aan inkomste.

“Hy het aangevoer dit was weens die NDBV se uitsprake teen die sirkus se gebruik van wilde diere vir optredes.

“Ons het reeds voor 2016 openlik gesê ons is gekant teen die gebruik van wilde diere in sirkusse en het die publiek gevra om die sirkus te boikot. Sover ons kennis strek, het die sirkus onder meer ook slange en leeus in vertonings gebruik.

“Die NDBV het ook vroeër druk op die sirkus uitgeoefen om die gebruik van olifante in vertonings te staak,” sê Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV.

Sy voeg by dat behalwe dat sirkusdiere gedwing word om in onnatuurlike omstandighede in beperkte ruimtes te bly, word hulle blootgestel aan lang padritte en afgerig en gedwing om toertjies uit te voer “met metodes wat gewoonlik onmenslik is”.

Boswell het in reaksie die NDBV geblameer vir verskeie vertonings wat óf gekanselleer moes word óf swak bygewoon is deur die publiek.

Hy het in die eis wat hy in 2016 teen hulle ingedien het, ook aangevoer dat hy gedwing is om wilde diere van sirkus-optredes te verwyder, wat alles gelei het tot ’n verlies aan inkomste.

Wilson vermoed Boswell verwys na hul teenstand teen olifante in vertonings.

“Ons het nie daardie olifante verwyder nie, maar wel druk op die sirkus uitgeoefen om hulle nie meer te gebruik nie,” verduidelik sy.

Die NDBV het die eis teengestaan en aangedring op finansiële dokumentasie en verdere inligting van Boswell om die beweerde verlies aan inkomste te bewys.

Nou het hy die eis teruggetrek.

“Nie net is hierdie ’n oorwinning vir die NDBV nie, maar ook vir die diere. Ons sal aanhou opstaan vir diere wat gedwing word om onnatuurlike lewens te ly en sal voortgaan om die publiek te versoek om nie enige vertoning of plek waar wilde diere so gebruik word, te ondersteun nie,” voeg Wilson by.

Meer oor:  Ndbv  |  Brian Boswell  |  Dierebeskerming  |  Sirkusbaas  |  Sirkusdiere  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.