Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Skande in hotel kos hom top-pos

’n Suid-Afrikaanse sakeman is sy salaris van R200 000 per maand en bonusse van amper R2 miljoen kwyt nadat hy op ’n sakebesoek aan Duitsland in Junie verlede jaar onder meer die deur van sy hotelkamer vir ’n kelnerin oopgemaak het sonder dat hy ’n draad klere aangehad het.

Mark James Mulholland

Mark James Mulholland (42) van Kaapstad se skandes het nou eers op die lappe gekom omdat hy sy afdanking tot in die arbeidshof beveg het.

Hy het die saak verloor.

Die Duitse firma Döhler, wat Mulholland op 18 Mei 2016 as hoofbestuurder in Suid-Afrika aangestel het, het Mulholland in Junie van daardie jaar vir opleiding Duitsland toe gestuur.

Mulholland het omtrent ’n indruk gemaak op die personeel van die Ramada-hotel in Darmstadt: Hy het die mat met sigarette gebrand, die kamer in ’n chaotiese toestand gelaat, ’n huurmotor gestamp en ’n kelnerin geteister deur sy deur kaal oop te maak, luidens stukke voor die arbeidshof in Kaapstad.

Ek het al wêreldwyd in hotelle gebly – ek weet wat is geskikte gedrag en wat nie.

Hy het boonop die hotel deur ’n agterdeur verlaat sonder om vir bykomende uitgawes soos telefoonoproepe van meer as R7 000 te betaal en het nie ’n navigasietoestel aan die huurmotormaatskappy terugbesorg nie. Sy baas, Kurt Hufnagel, het hom dadelik afgedank.

By sy terugkeer na Suid-Afrika is hy egter eers geskors, aan ’n tugverhoor onderwerp en toe afgedank.

Mulholland het ’n dispuut oor onbillike ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys, en toe hy verloor hom na die arbeidshof gewend.

Daar het die arbiter gevind sy afdanking was billik.

Volgens Mulholland het die klag van seksuele teistering daaruit gespruit dat hy sy hotelkamerdeur met ’n handdoek om sy lyf oopgemaak het nadat hy uit die stort geklim het.

’n Instagram-foto wat Mulholland gedeel het.

Mulholland het aan Rapport gesê die bewerings is die grootste klomp snert. “Ek het al wêreldwyd in hotelle gebly – ek weet wat is geskikte gedrag. Ek het in 20 jaar nog nooit enige kwessies met of klagtes van hotelle gehad nie.”

Hy sê hy is letterlik deur Hufnagel op straat uitgeskop. Hy het die 50 km na die lughawe in die gehuurde motor gery en by die huuragentskap besorg.

“Enige stampe is deur die maatskappy aangeteken, wat normale praktyk is.”

Hy sê ook hy het twee weke lange opleiding ondergaan en gewoonlik is alle koste deur die hoofkantoor gedek. “Daar is nooit vir ons gesê die ekstras was vir ons eie rekening nie.”

Mulholland is as jong pa deur diep waters. Sy dogtertjie, Chloe, is ses jaar gelede op agtjarige ouderdom vermoor deur haar ma, wat haarself toe opgehang het. Die vrou het Chloe eers lemoensap met slaappille gegee, waarna sy haar gewurg en met ’n kussing versmoor het.

“Vier jaar ná die moord het ek steeds nie die toksikologieverslag ontvang nie, maar ons het uitgewerk die slaappille het haar nie doodgemaak nie. Sy is waarskynlik verwurg of versmoor.”

Meer oor:  Mark James Mulholland  |  Naaktheid  |  Arbeidshof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.