Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Skelm prokureur’ van Bloem van rol geskrap
Jaco RothmannFoto: MLUNGISI LOUW

Die omstrede Bloemfonteinse prokureur Jaco Rothmann, wat meer as R21,6 miljoen uit trustrekeninge “gesteel” het, se naam is permanent in die hooggeregshof in Bloemfontein van die prokureursrol geskrap.

Regter Mojalefa Rampai het Donderdag in sy uitspraak gesê dit is duidelik dat Rothmann (45) nie ’n geskikte mens is om as prokureur en aktebesorger te praktiseer nie. Regter Fouché Jordaan het met hom saamgestem.

Die Vrystaatse prokureursorde het die aansoek vir Rothmann se skrapping gedoen nadat die orde 27 klagte ontvang het dat hy geld uit die trustfonds van Rothmann-prokureurs gesteel of wanaangewend het.

Rampai het gesê dit blyk dat sy gedrag ’n element van oneerlikheid bevat.

In plaas daarvan dat hy sy samewerking in die ondersoek teen hom gegee het, het hy hardeskywe van sy rekenaars met die inligting oor al sy firma se geldsake verwyder om die ware omvang van sy diefstal te versteek.

Die feit dat hy vier trustrekenings by vier verskillende banke het, was ’n onderduimse en slinkse poging om die prokureursorde te mislei.

Volgens Rampai het Rothmann deur sy oneerlike en skandelike gedrag die beeld van die prokureursberoep ernstige skade berokken.

Hy het sy mede-prokureurs met die grootste minagting bejeën en byna elke prokureur in Bloemfontein het klagtes teen hom.

Rampai het gesê Rothmann is gewetenloos en ongeloofwaardig.

“Hy het ’n geneigdheid om mense te bedrieg. Dit is vir my duidelik dat hy weer die misdrywe gaan pleeg.”

Hy het ’n geneigdheid om mense te bedrieg. Dit is vir my duidelik dat hy weer die misdrywe gaan pleeg.

Die werklike omvang van die diefstal kan heelwat groter wees as wat nou bekend is.

“Sy optrede toon dat hy ’n skelm prokureur is. Die publiek moet teen hom beskerm word en daarom moet sy naam permanent van die rol verwyder word.”

Rothmann het nie die skrappingsaansoek teengestaan nie.

Adv. David Grewar het in opdrag van Kobus Verwey van Hill, McHardy en Herbst-prokureurs vir die

prokureursorde opgetree.

* Rothmann het reeds vroeër in die landdroshof in Bloemfontein op drie aanklagte van diefstal van R15 miljoen verskyn. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy moet weer in April in die hof verskyn.

Meer oor:  Jaco Rothmann  |  Bloemfontein  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.