Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Skietongeluk: Speurder hoor Maandag of hy vervolg word

Speursers. Marlon Appollis (41) van Stellenbosch behoort Maandag te weet of die staat hom gaan vervolg of nie.

Speursers. Marlon Appollis. Foto: Lulama Zenzile

Appollis staan in die landdroshof in Franschhoek tereg op aanklag van strafbare manslag. Hy het na bewering sy kollega, speursers. David Hoffman (40), op 17 Augustus vanjaar in ’n skietongeluk by ’n huis in Franschhoek doodgeskiet.

Appollis is die Saterdagaand ná die voorval in hegtenis geneem en het die Maandag in die hof verskyn waarna hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Met sy laaste verskyning op 26 September het die hof gehoor dat die ondersoekbeampte wat aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat verbonde is, beoog om die dossier na die direkteur vir nasionale vervolging te stuur vir ’n besluit oor vervolging. Die hof het ook gehoor dat die ondersoek nog nie afgehandel is nie en dat foto’s van die misdaadtoneel en die ballistiese verslag nog uitstaande is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.