Die vermoorde kunstenaar Walter Meyer se eks-vrou, Catharina Scheepers, sou saam met hom na ’n bekende sakeman in Upington gaan wat hom glo geld geskuld het vir ’n skildery.
Maar toe sterf hy die aand voor hul afspraak.

Walter Meyer se laaste werkplek, sy ateljee by ’n weldoener se huis, sowat 30 km buite Upington. Foto: Anena Burger

Sophia Meyer in die hof.Foto: Anena Burger
Sonja het ná haar pa se dood foto’s van sy kleurryke tuin buite sy ateljee by hul vorige huis in Upington in sosiale media gedeel. Sy het daarby geskryf: “Hy was ’n opregte liefhebber van blomme – veral rose – cowboyflieks, Issey Miyake, musiek: Johnny Cash, Tom Waits, bekfluitjie-blues (wat hy op sy eie saamgespeel het), Kraftwerk (wat elke dag kliphard in sy ateljee gespeel het), Koos du Plessis. Hy het so baie liefgehad en so diep dinge ervaar en het gelewe om dit ingedagte op sy skilderdoek te sit. En hy het so baie gedrink dat dit sy gelukkige lewe uitgeskeur het, maar hy het nooit sy innerlike musiek verloor nie – sy wonderlike nederigheid, sy sin vir humor, generosity en sy liefde vir mense en rose.”
Scheepers sê Meyer was kort voor sy dood “meer hoopvol oor sy werk”. Ds. M.P. Fourie, ’n plaaslike predikant, beaam dit. Meyer het aan hom gesê hy het lank “rondgeswerwe” en dat hy met Fourie wil praat, nog in die nuwe jaar.
Hy is dood voordat dit kon gebeur.

Walter Meyer en sonneblomme. Foto: Volksblad