Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Skors Hlophe, vra drukgroep

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) is gevra om regter John Hlophe te skors omdat sy optrede in die korrupsiesaak teen die ANC-LP Bongani Bongo op “growwe wangedrag” neerkom.

Oudregter Johann Kriegler, voorsitter van die drukgroep Freedom Under Law, het Maandag gesê ná die uitspraak van Hlophe, regterpresident van die hooggeregshof in Kaapstad, in die saak teen Bongo, oudminister van staatsveiligheid, is dit duidelik dat hy nie op die regbank hoort nie.

Kriegler is nie soseer bekommerd oor die politieke gevolge van Hlophe se uitspraak nie, maar eerder die invloed wat dit op die regsproses het.

Hlophe het Bongo Vrydag vrygespreek op ’n aanklag van korrupsie nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n ondersoek na Eskom in 2018 in die wiele probeer ry het.

“Hierdie besluit is verkeerd en dit wys watter skade een oneerlike regter kan aanrig.”

Volgens Kriegler is Hlophe ongeskik vir die pos as regter “sedert hy die regsproses 13 jaar gelede in die vervolging van oudpres. Jacob Zuma probeer beïnvloed het”.

“Sy bedenklike redenasie en uitspraak verlede week wys hoe gevaarlik dit is om hom op die regbank te laat bly.”

Hy het gesê ’n korrupte daad het ongestraf gebly en staatsamptenare is belaster en daarom herhaal hulle nou die versoek dat die RDK Hlophe moet skors hangende die afhandeling van die verrigtinge vir sy ontslag uit die amp.

“Sy optrede in die saak teen Bongo is growwe wangedrag en is nie gepas vir ’n regter nie.”

Meer oor:  Bongani Bongo  |  Freedom Under Law
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.