Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Slagoffer van Spar-voorval voor sy dood uit hospitaal ontslaan

Die man wat dood is nadat hy glo in die Spar op Carolina in Mpumalanga aangerand is, is aanvanklik uit die hospitaal ontslaan, voordat hy later weer opgeneem is en in die hospitaal dood is.

So het adv. Piet Pistorius, wat namens die Spar-werknemers Willem Viljoen (32) en Hannes Terblanché (29) optree, Woensdagoggend aangevoer tydens die twee se borgtogaansoek in die dorp se streekhof.

Viljoen en Terblanche word van die moord, aanranding en ontvoering van Thulani Sibanyoni (30) aangekla.

Hulle word ook aangekla van die ontvoering en aanranding van Thabiso Sibanyoni (22) (geen verwantskap).

Die derde beskuldigde in die saak, Obi Nortje (32), ’n sekerheidswag van die maatskappy Vossie Security wat by Spar diens gedoen het, word slegs van ontvoering aangekla.

Pistorius het betoog Thulani en Thabiso het ’n werknemer by die Spar gedreig en, volgens Viljoen en Terblanche se verklarings, het hulle nooit aan Thabiso of Thulani geraak nie, maar hulle net op 14 Augustus ondervra.

William Viljoen, Hannes Terblanche en Obi Nortje in die landdroshof op Carolina, waar hulle deur familielede ondersteun is. Lede van die ANC en EFF het ook die hofsaak bygewoon. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Die staat beweer Thulani en Thabiso is aangerand.

Volgens Viljoen se beëdigde verklaring, wat Pistorius in die hof voorgelees het, is Thulani op dieselfde dag nadat hy na bewering in die Spar se stoorkamer aangerand is in die hospitaal opgeneem en na ’n groter hospitaal in eMalahleni oorgeplaas.

Hy is op 19 Augustus weer teruggeplaas na die hospitaal in Carolina en op 25 Augustus ontslaan. Hy is egter weer twee dae later opgeneem en op 29 Augustus weer na die hospitaal in eMalahleni oorgeplaas, waar hy op 1 September dood is.

Pistorius het aan die hof gesê ’n ondersoek word nou gedoen om te bepaal of Thulani die beserings waaraan hy later sou beswyk in ’n ander voorval opgedoen het, nadat hy ontslaan is.

Die drie beskuldigdes is nadat hulle op 4 September in hegtenis geneem is na die gevangenis op Belfast oorgeplaas.

Viljoen, die Spar se bestuurder, en Terblanché, die ontvangsbestuurder, is sedertdien geskors.

Pistorius het tydens die borgverhoor gevra dat Viljoen en Terblanché op R5 000 borgtog vrygelaat word.

Willem Cilliers, wat namens Nortje optree, het tydens die borgverhoor gevra dat sy kliënt op R2 000 borgtog vrygelaat word.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Sibanyoni  |  Hannes Terblanche  |  William Viljoen  |  Obi Nortje  |  Carolina  |  Spar-Moordverhoor  |  Misdaad  |  Moord  |  Hof  |  Aanranding  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.