Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Slagoffers vrees vergelding sou verdagte borgtog kry

’n Man wat deur mense in ’n rekenaarwinkel in Pretoria vasgetrek is nadat een klant vermoor en ander gewond is, wil sodra die staat van inperking verby is, om borgtog aansoek doen.

Mike Sithole se advokaat, Tefo Mokgotsane, het Donderdag in die landdroshof in Pretoria gevra dat ’n datum hiervoor bepaal word.

Kagiso Rancho, staatsaanklaer, het aangedui dat die staat die borgtogaansoek sal teenstaan, nie net omdat Sithole deur aanklagte van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede in die gesig gestaar word nie, maar minstens twee ander hangende sake in ’n hof in Johannesburg teen hom het.

Sithole, van Boksburg, was vermoedelik uit op borgtog in dié sake, toe hy en sy makkers op 7 November verlede jaar na bewering op Compuport Computer Consulting in Pretoria toegeslaan het.

Drie gewapende mans het die onderneming net ná 12:30 binnegestorm.

Leon van der Merwe (61), ’n klant, is trompop doodgeskiet toe die aanvallers hulle by die deur in hom vasloop. Daar was 12 ander mense in die winkel.

Die eienaar, Coert Oberholzer (54), is in die rug geskiet.

Kobus Botha (50), ’n vriend en klant, is in die arm geskiet.

Oberholzer het een van die aanvallers doodgeskiet.

’n Ander rower, vermoedelik Sithole, het nog skote gevuur, toe sy vuurwapen weier en van die vroulike klante en werknemers kon hom oorrompel.

Die derde aanvaller het gevlug.

Nadat die saak teen Sithole Donderdag tot April uitgestel is, het Oberholzer se vrou, Isabel, wat ook in die winkel was, gesê hulle, en moontlik van die ander slagoffers, sal die ondersoekbeampte nader om ’n verklaring af te lê teen Sithole se vrylating op borgtog.

Hulle voel hulle het rede om te vrees vir hul veiligheid sou hy vrygelaat word, omdat van die mense in die winkel gehelp het om Sithole vas te trek. Daarby kan hy ook met sy vermiste makker herenig en dalk terugkeer.

  • Daar is twee aanklagte van moord teen Sithole omdat die staat aanvoer dat die aanval gepleeg is met ’n gemeenskaplike doel tussen die verdagtes. Die een moordaanklag verwys na Van der Merwe en die ander een na die aanvaller wat doodgeskiet is. Die staat sal aanvoer dat Sithole (en die aanvaller wat nog soek is) verantwoordelik is vir sy dood, omdat hulle moes kon voorsien het dat hul optrede iemand se lewe kon kos.
  • Die departement van binnelandse sake het ook aan die staat bevestig dat Sithole, ’n Zimbabwiër, onwettig in die land is.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.