Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Slotbetoë vandag in Packham-moordverhoor

Die staat en die verdediging lewer na verwagting Woensdag hul slotbetoë in die verhoor van Rob Packham van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Gill, vermoor het.

Packham het sy saak, wat in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word,  ‘n week gelede afgesluit nadat hy drie dae in die getuiebank deurgebring het.

Gill is op 22 Februarie 2018 vermoor. Die staat voer aan Packham het haar lyk in die kattebak van haar groen BMW gesit en die motor aan die brand gesteek.

Rob Packham
Rob Packham tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Jaco Marais

Die staat het verskeie getuies geroep wat twee ooggetuies insluit wat getuig het dat Packham op die dag sy vrou se motor bestuur het in die gebied waar die motor uitgebrand het. ‘n Ander getuie het hom glo van die toneel waar die motor by die Dieprivier-treinstasie uitgebrand het, sien wegry.

gill packham
Die vermoorde Gill Packham. Foto: Facebook

Packham voer aan kapers het moontlik sy vrou vermoor en haar motor aan die brand gesteek.

Hy ontken dat hy enigiets met sy vrou se dood te doen gehad het of die motor aan die brand gesteek het.

Die staat voer aan dat Packham sy vrou met 'n onbekende voorwerp teen die kaak geslaan het, wat haar bewegingloos sou gelaat het.

Die staat meen dat Packham haar glo 'n tweede keer agter die kop geslaan het, wat haar dood veroorsaak het.

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking van die hofverrigtinge wat omstreeks 10:00 sal begin.

Meer oor:  Rob Packham  |  Kaapstad Hooggeregshof  |  Kaapstad  |  Lyk  |  Packham-Moordsaak  |  Kapers  |  Motor  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.