Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Smokkelaar wat vonnis uitdien, weer skuldig bevind

Morné Blignaut, die veroordeelde baasbrein van ’n perlemoensindikaat, is Vrydag weer aan rampokkery en die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind.

Blignaut (46) is ook skuldig bevind aan diefstal.

Hy dien tans ’n vonnis van 20 jaar tronkstraf weens soortgelyke oortredings uit. Hy is dié vonnis in September vanjaar opgelê.

Morné Blignaut sr. in die hof. Foto’: Lulama Zenzile

In die hofsaak waarin Blignaut Vrydag skuldig bevind is, is sy medebeskuldigdes sy seun, Morné Steven Blignaut (26), Jacob Naumann (35), Jan Prinsloo (31) en Paul Bezuidenhout (22).

Blignaut jr. is skuldig bevind aan rampokkery en diefstal.

Naumann en Prinsloo is skuldig bevind aan rampokkery, die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne en diefstal.

Bezuidenhout is skuldig bevind aan rampokkery en die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

Blignaut en Naumann het saamgespan en het smokkelperlemoen gekoop en verkoop.

Luidens die klagstaat het dié twee met ’n onderneming begin. Die onderneming is van die perseel van Auto Body Concepts-duikkloppers, waarvan Gerhard Grobler die eienaar was, in Port Elizabeth bedryf.

Hulle het die perseel gebruik om die perlemoen te koop en te verkoop, die perlemoen is daar gevries en geberg en dit is daarheen en van daar vervoer.

Blignaut jr., Prinsloo en Bezuidenhout het die vervoer van die perlemoen hanteer.

Grobler en sy kollega, Mark Shane Adams, was bewus van wat daar aangaan. Perlemoen is van November 2016 tot Januarie 2017 gereeld na en van die onderneming vervoer.

In Februarie 2017 het Blignaut en Naumann uitgevind dat Adams van die perlemoen steel.

Grobler het vir Adams in die bresse getree deur R200 000 in Blignaut se dogter se rekening as vergoeding in te betaal.

Morné Blignaut sr. se medebeskuldigdes is van links Jacob Naumann, Morné Steven Blignaut, Jan Prinsloo en Paul Bezuidenhout.

Hierna het Blignaut en Naumann nie meer van die duikklopper se perseel gebruik gemaak nie.

Die oortredings wat met rampokkery verband hou, spruit uit ’n voorval waarin Prinsloo in Februarie 2017 op die N2 naby Patterson in hegtenis geneem is terwyl hy 6 013 perlemoene van die onderneming vervoer het.

Blignaut het ’n gesteelde bakkie aan Prinsloo verskaf om die perlemoen mee te vervoer.

Naumann en Blignaut jr. het die bakkie wat die perlemoen vervoer het, in ’n ander motor begelei.

Regter Glenn Goosen het bevind die mans het met ’n gemeenskaplike doelwit opgetree.

Grobler en Adams was die staat se art. 204-getuies. Hulle is van enige vervolging teen hulle kwytgeskeld.

Blignaut en kie het skuld beken op die aanklagte waarop hulle Vrydag skuldig bevind is.

Blignaut sr. dien die 20 jaar tronkstraf uit ná ’n perlemoenvonds deur die Valke in 2014 toe daar op 37 356 perlemoene ter waarde van sowat R5,2 miljoen beslag gelê is.

In die huidige saak het die polisie nadat hulle Prinsloo in hegtenis geneem het ondersoek ingestel, en kon hulle Blignaut sr. en die res van die mans met dié saak verbind.

Meer oor:  Morné Blignaut  |  Port Elizabeth  |  Skuldig  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.