Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
So lyk paneel vir kandidate vir regtersposte

Die Regtelike Dienskommissie (RDK) se paneel wat sedert 12 April talle kandidate vir regtersposte ondervra, bestaan uit regspraktisyns, politici, regters en ’n akademikus.

Die onderhoude word in Johannesburg gehou, maar word aanlyn uitgesaai.

Weens die koronavirus-pandemie is geen onderhoude verlede jaar gevoer nie en verskeie van dié poste is al meer as twee jaar vakant.

Daar is twee roterende sitplekke in die paneel wat toegeken word aan die onderskeie provinsies se premiers, asook die regter-president van daardie afdeling.

Ondanks verskeie organisasies se versoeke dat Vrydag se onderhoude vir die Wes-Kaapse afdeling uitgestel word omdat regter John Hlophe, regter-president van dié afdeling, in die paneel sou wees, het die RDK geweier en gesê die onderhoude sal soos beplan voortgaan.

Die paneel is so saamgestel:

• Die hooftafel, wat reg oorkant die kandidaat geplaas is, bestaan uit die hoofregter van Suid-Afrika, regter Mogoeng Mogoeng, die regter-president van die appèlhof, regter Mandisa Maya, ’n regter wat die regters van die land verteenwoordig, regter Monica Leeuw (regter-president van die hooggeregshof in Noordwes) en Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste.

• Aan weerskante van die hooftafel is twee lang tafels, een met tien sitplekke en die ander met 11.

Die politici is aan die kandidaat se linkerkant en regslui aan die regterkant.

Die politici bestaan uit verteenwoordigers van politieke partye, asook ses lede van die nasionale raad van provinsies (NRP).

Dié afvaardiging bestaan uit tien lede en is (van naaste aan die hooftafel) Thandi Modise, speaker van parlement, Gratitude Magwanishe (lid van die Nasionale Vergadering) en Vusumuzi Cyril Xaba (lid van die Nasionale Vergadering). Hulle is almal lede van die ANC.

Langs Xaba sit Julius Malema, (leier van die EFF), Narena Singh (hoofsweep van die IVP) en Glynnis Breytenbach (DA).

Langs Breytenbach is vier lede van die NRP: Sylvia Lucas (adjunkvoorsitter van die NRP), Archibold Jomo Nyambi (Mpumalanga), Mosimanegape Kenneth Mmoiemang (Noord-Kaap) en Thamsanqa Dodovu (Noordwes).

• Aan die regterkantste tafel sit die regslui en is die twee roterende stoele.

Langs minister Lamola sit Hlaleleni Kathleen Matolo-Dlepu (stigter van die Regspraktykraad), adv. Thandazani Griffiths Madonsela SC, Doris Lebogang Tshepe (private prokureur) adv. Dali Mpofu SC, adv. Jennifer Crane, Etienne Barnard en Lutendo Sigogo of Nomthandazo Ntlama.

Ná die regslui sit die akademikus prof. Engela Schlemmer, (Universiteit van Witwatersrand).

Laastens sal Hlophe en Winde die roterende stoele inneem.

Die sewe kandidate wat vir twee poste ondervra word, is: Matthew Francis, adv. Bryan Cecil Hack, Selwyn Hockey, adv. Penelope Magona-Dano, adv. Nobahle Mangcu-Lockwood, adv. Frederick Siegfried Gustav Sievers SC en Daniel Thulare.

• Bron: Judges Matter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.