Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sol Kerzner se seun weer in hof

Die hotelmagnaat Sol Kerzner se seun, Brandon, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Die Kaapse sakeman is vroeër vir bestuur onder die invloed van drank aangekla. Die saak teen hom sloer al langer as twee jaar en is Dinsdag weer uitgestel.

Kerzner is in September 2017 in ’n padblokkade in Walmer vasgetrek terwyl hy op ’n sakebesoek in die stad was.

Volgens Lunen Meyer, Kerzner se prokureur van Port Elizabeth, is die saak Dinsdag tot 12 en 13 Maart uitgestel. Kerzner se saak sal dan voorkeur vir ’n moontlike verhoor geniet.

Na bewering is die saak noodgedwonge tot Maart uitgestel weens ’n tekort aan staatsaanklaers by die hof. Blykbaar was daar slegs een aanklaer vir drie of vier howe beskikbaar.

Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het by navraag ontken dat daar te min aanklaers is.

Volgens hom is die betrokke hof waar Kerzner verskyn het ’n sogenaamde agterstandhof.

“(Die hof) was vandag (Dinsdag) gekombineer met ’n ander hof, want een van die aanklaers was siek. So daar steek geen waarheid daarin dat daar net een aanklaer vir die vier howe is nie,” sê Tyali.

Kerzner is vroeër op ’n waarskuwing vrygelaat.

Meer oor:  Sol Kerzner  |  Brandon Kerzner  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.