Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Soldaat-slenter: ‘Minister skuld ons ’n verduideliking’

“Die minister van verdediging skuld die publiek nie net ’n verskoning nie, maar ook ’n verduideliking!”

So reken ’n omgekrapte Vanessa le Roux van Kaapstad wie se susterskind Jason Pietersen een van die talle hoopvolle aansoekers was wat sy meen geraak word deur ’n slenter in die werwing van lede vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW).

Volgens Le Roux wou Jason nog altyd weermag toe, maar “korrupsie ontneem jongmense wat graag ’n verskil wil maak van hul kans om op ’n eerbare wyse as soldate vir hul land diens te doen.

Chauke, wat in die SANW se hoofkwartier werk, is glo betrokke by ’n werwingslenter.

“Wie kan ’n mens nou in die weermag vertrou? Die minister van verdediging skuld ons nie net ’n verskoning vir dié gemors nie, maar ook ’n goeie verduideliking,” het ’n ontstoke Le Roux Dinsdag gesê.

Pietersen het sedert hy einde verlede jaar toetse afgelê het nog niks van die SANW gehoor nie. Le Roux wil hê aansoekers wat op ’n korrupte wyse in die weermag opgeneem is, deur die minister van verdediging uitgeskop moet word.

Die 51-jarige adj.off. Andrew Chauke is verlede week in hegtenis geneem en het Dinsdag in die militêre hof in Thaba Tshwane in Pretoria verskyn op aanklagte van korrupsie in verband met dié slenter.

“Hy staan nie net tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog nie, maar ook weens die besit van gesteelde eiendom,” het brig-genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, Dinsdag aan Netwerk24 gesê.

Chauke, wat in die SANW se hoofkwartier werk, is glo betrokke by ’n werwingslenter.

Mgobozi het die publiek vroeër daarop gewys dat die SANW nie geld vir werkaansoeke vra nie en dat daar nie van werwingsmaatskappye gebruik gemaak word nie. “Borgtog vir Chauke is geweier en hy sal weer Donderdag in die hof verskyn,” het Mgobozi gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.