Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Soldate vas wat glo voertuie oor grens help smokkel

Sewe soldate wat glo gesteelde voertuie in ruil vir geld deur die Limpoporivier tussen Suid-Afrika en Zimbabwe help smokkel het, is agter tralies.

Edward Lepokolo (48), Rapula Reuben Maidi (49), Bulelani Danti (30), Peter Thato Nemane (52), Thembani Mjelo (31), Marks Funeka (49) en Ludwe Gwedashe (44) het Woensdag vlugtig op aanklagte van bedrog in die landdroshof in Musina verskyn.

Ses van hulle is Dinsdag in onderskeidelik Noordwes, die Noord-Kaap en die Vrystaat in hegtenis geneem. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die nasionale intervensie-eenheid en die weermag het met die Valke saamgewerk om hulle aan te keer.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke in Limpopo, sê ’n sewende beskuldigde het hom Dinsdag aan die polisie oorgegee.

Die soldate was tussen 2017 en 2019 by die Beitbruggrenspos in Limpopo ontplooi as deel van die weermag se Operasie Nagwaak om die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe te beveilig.

Hulle het in dié tyd glo saam met internasionale voertuigdiefstalsindikate gewerk en na bewering R15 000 gevra per voertuig wat oor die grens na Zimbabwe gesmokkel is. Die geld is dan glo onder die sewe soldate verdeel.

Maluleke kan nie sê hoeveel voertuie betrokke was nie.

Die soldate bly in aanhouding totdat hulle volgende Woensdag weer in die landdroshof moet verskyn.

Meer oor:  Soldate  |  Musina  |  Suid-Afrika  |  Zimbabwe  |  Bedrog  |  Smokkel  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.