Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Soli Philander September weer in hof
Soli Philander Maandag voor die landdroshof in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Die saak teen die komediant en akteur Soli Philander is Maandag in die landdroshof in Kaapstad tot 4 September uitgestel.

Philander is Saterdag in hegtenis geneem vir aanranding en weens die oortreding van ’n beskermingsbevel teen hom ná ’n onderonsie met ’n man wat in die Marion-sentrum in Distrik Ses woon.

Hy is die middag op waarskuwing vrygelaat en moes Maandag in die hof verskyn.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Philander staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, aanranding en saakbeskadiging.

“Sy saak is uitgestel vir verdere ondersoek,” sê Ntabazalila.

Philander het Maandag voor sy hofverskyning aan Jaco Marais gesê hy wou die owerhede se aandag vestig op ’n weerlose meisietjie se omstandighede en ook dat ’n man, wat glo die bestuurder van die Marion-sentrum in Distrik Ses is, die gemeenskap toegang tot dié sentrum weier en ook weier dat hulle van die sentrum gebruik maak om onder meer kos te kook wat aan behoeftige mense uitgedeel kan word.

Philander het ’n dwarsklap na die owerhede, insluitend die polisie, gemik en gesê die man het gebruik gemaak van ’n ou beskermingsbevel om hom opgesluit te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.