Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Solidariteit vat N-Kaapse polisie hof toe oor taalverbod

Solidariteit het Donderdag bekend gemaak dat hy die omstrede taalbeleid van die Noord-Kaap polisie in die hooggeregshof gaan beveg.

Dit volg op die opdrag op 5 September 2016 van die provinsiale polisiebestuur waarvolgens alle verklarings van die publiek voortaan in Engels afgelê moet word.

Polisielede moet ook alle verklarings wat in Afrikaans afgelê word, in Engels vertaal.

Polisielede wat nie aan die opdrag gehoor gee nie, kan dissiplinêr aangekla word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se sentrum vir billike arbeidspraktyke, versoek hulle in die aansoek dat die opdrag tersyde gestel moet word.

“Dit druis teen die polisie se eie taalbeleid en die Grondwet in.

Die opdrag is irrasioneel en onprakties. Statistieke Suid-Afrika bevestig dat 53,8% van die Noord-Kaapse bevolking Afrikaans as eerste taal verkies, terwyl 33% van die bevolking Tswana praat
Anton van der Bijl, Solidariteit

“Die opdrag is irrasioneel en onprakties. Statistieke Suid-Afrika bevestig dat 53,8% van die Noord-Kaapse bevolking Afrikaans as eerste taal verkies, terwyl 33% van die bevolking Tswana praat.

“Slegs 3,4% van die bevolking is Engelssprekend. Dit maak net nie prakties sin dat die Noord-Kaapse polisie Engels as voertaal gebruik nie.”

Volgens Van der Bijl is dit ’n voorbeeld van ’n onpraktiese en irrasionele besluit wat geneem is sonder om die publiek in ag te neem.

“Dit is ook skokkend omdat die praktiese uitwerking en uitvoerbaarheid nie in ag geneem is nie.

“Die publiek kan nie behoorlike diens ontvang nie. Polisielede word in ’n onbenydenswaardige posisie geplaas omdat hulle sonder die nodige kwalifikasies en bevoegdheid as tolke moet optree.”

Volgens hom is die moontlikheid van foute in verklarings baie groter.

Die dokumente sal ook op die polisie beteken word.

“Hulle sal binne ’n sekere tydperk moet besluit of hulle die aansoek gaan teenstaan,” sê hy.

Meer oor:  Solidariteit  |  Polisie  |  Hof  |  Toe  |  Vat  |  Oor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.