Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Spacey in hof op aanklag van onsedelike aanranding

Die bekroonde akteur Kevin Spacey het Maandag in ’n hof in Massachusetts verskyn op aanklagte van aanranding en onsedelike aanranding.

Kevin Spacey kom Maandag by die hof in Nantucket, Massachusetts, aan waar hy op aanklagte van onsedelike aanranding teregstaan. Foto: AP

Die Oscar-bekroonde akteur het na bewering twee jaar gelede ’n 18-jarige man in ’n kroeg in Nantucket alkohol gevoer en hom onsedelik aangerand.

Spacey is nie gevra om te pleit nie, maar volgens hofdokumente sal hy onskuldig pleit. Hy is deur die regter verbied om die beweerde slagoffer te kontak.

Die jong man se ma, die joernalis Heather Unruh, beweer Spacey het haar seun aangepor om dronk te word en het hom toe seksueel aangerand.

Die 59-jarige Spacey is een van tientalle mans wat sedert die #MeToo-beweging se ontstaan in 2017 van seksuele teistering beskuldig word. Die #MeToo-beweging het sy ontstaan gehad toe bewerings van seksuele teistering teen die Hollywood-vervaardiger Harvey Weinstein op die lappe gekom het.

Die eerste aanklag teen Spacey was dié van die destydse kinderakteur Anthony Rapp in Oktober 2017. Rapp het Spacey daarvan beskuldig dat Spacey hom in 1986 probeer verlei het toe hy 14 jaar oud was.

Spacey het Rapp om verskoning gevra, maar is steeds deur Netflix afgedank en uit die reeks House of Cards geskryf. Hy is ook digitaal uit die fliek All the Money in the World verwyder en deur Christopher Plummer vervang.

Indien Spacey skuldig bevind word, kan hy tot vyf jaar tronkstraf opgelê word. – Reuters

Meer oor:  Kevin Spacey  |  Amerika  |  Seksuele Aanranding  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.