Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Spoor kry R20 miljoen uit saak

Hoogstens R20 miljoen uit regskoste van R355 miljoen beland in die sak van Richard Spoor, die menseregteprokureur wat meer as ’n dekade gelede begin het met die silikose-hofsaak van R5 miljard.

Dit is egter Spoor se regsfirma, Richard Spoor Ingelyf, wat betaal word nadat hulle ’n prokureur vyf jaar lank voltyds aan die enorme saak laat werk het, nog ’n prokureur vyf jaar lank halfdag, en Spoor self sedert 2005.

Die R355 miljoen wat in die historiese skikking met sewe mynboumaatskappye Donderdag vir regskoste bewillig is, word gelykop verdeel tussen die twee regspanne, Richard Spoor Ingelyf en Abrahams Kiewitz, wat die groepsgeding gevoer het. Spoor se gedeelte daarvan – R177,5 miljoen – word soos volg verdeel:

* R100 miljoen vir uitgawes insluitend die instandhouding van kantore in gebiede waar die mynwerkers vandag woon: die Oos-Kaap, Welkom, Maseru in Lesotho en Gaborone in Botswana. “Dit sluit in administrasie in die kantore, die bestuur van die kantore en die personeelkoste vir 30 paralegals – junior regslui wat vir elke eiser dokumente opstel en ander regswerk doen,” sê Spoor.

* Daarby is ook koste vir mediese ondersoeke, spesialiste wat die eisers ondersoek en getuienis gelewer het. “Die koste van die kantore was rondom R650 000 per maand sedert die proses sewe jaar gelede ten volle op dreef gekom het,” sê Spoor.

* Die eisers is verteenwoordig deur nege advokate (R50 miljoen).

* “Van ons R177,5 miljoen moet ook onmiddellik R50 miljoen afgetrek word vir Motley Rice LLC, die Amerikaanse regsfirma wat die eis geborg het,” sê Spoor. Motley Rice, wat in die VSA as die voorste regsfirma in groepsgedinge bekend staan, het ook ’n Amerikaanse prokureur, Mark Elsner, beskikbaar gestel om Spoor in die saak by te staan.

Die ooreenkoms was dat Motley Rice 75% van die uiteindelik toekenning vir regsgeld sal kry en Richard Spoor Ingelyf 25%. “Hulle het enorme risiko’s gedra deur die geld voor te skiet,” sê Spoor. Wanneer al die uitgawes betaal is, sal tussen R10 miljoen en R20 miljoen vir Spoor se firma oorbly.

“Ons het eers die skikking vir eisers afgehandel en gefinaliseer. Daarna het ons die regskoste met die mynmaatskappye onderhandel en daarop ooreengekom. Al ses die uitvoerende hoofde van die mynmaatskappye was tevrede met ons geld. Ek is ook,” het Spoor gesê.

Meer oor:  Richard Spoor  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.