Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Sportvrou eis R7 m. van VS-premier ná ongeluk

’n Sportvrou van Bloemfontein eis R7 miljoen van die Vrystaatse premier en die LUR vir paaie nadat sy ná ’n motorongeluk heeltemal in haar onderlyf en gedeeltelik in haar bolyf verlam gelaat is.

Julian-Joan van der Merwe en haar dogter Jody by die hooggeregshof in Bloemfontein. Foto: Mike van Rooyen

Die kant van die teerpad tussen Dealesville en Bloemfontein was al só weggekalwe dat Jillian-Joan van der Merwe (46) van Spitskop by die stad beheer oor haar bakkie verloor het en dit die pad verlaat en omgeslaan het.

Sy het vroeër Protea-kleure vir perde-uithouritte verwerf en het nou provinsiale kleure in rolstoel-rugby. Sy speel vir die Mustang-klub.

Die meriete van haar eis word nou in die hooggeregshof in Bloemfontein deur regter Soma Naidoo aangehoor. Daarna sal oor die kwantum beslis word.

Luidens getuienis was daar nie eens meer ’n geel streep op die kant van die pad waar die ongeluk sowat 28 km van Dealesville gebeur het nie omdat die teeroppervlak so ver weggekalwe was.

Van der Merwe, destyds ’n verteenwoordiger, was op 27 Julie 2009 laatmiddag van Kimberley af op pad na Bloemfontein toe haar motor se linkervoorwiel dié deel van die pad getref en sy beheer oor die Ford Bantam-bakkie verloor het.

Weens die harde hou op haar kop kan sy niks onthou van wat gebeur het nie. Haar nek is gebreek en sy is nou ’n kwadrupleeg.

Sy sê ná die ongeluk het sy haar werk verloor. Sy is geskei en het twee dogters, Kerry-Leigh (16) en Jodie (13).

Sy bestuur nog self haar aangepaste motor wat met handkontroles werk, maar iemand moet haar help om in te kom.

Maar vir huisskoonmaak sien ek nie kans nie. Ek was al voor die ongeluk daarvoor gestrem.

In die huis kook sy vir haar en die kinders. “Maar vir huisskoonmaak sien ek nie kans nie. Ek was al voor die ongeluk daarvoor gestrem.”

Sy het ’n huiswerker wat daarmee help en haar ook deur die dag help om oor die weg te kom. Saans help haar dogters.

Die sport hou haar kop en liggaam besig, sê sy.

Advv. John Mullins SC en Joubert Zietsman tree in opdrag van Henry Buchner van Honey-prokureurs vir Van der Merwe op.

Meer oor:  Jillian-Joan Van Der Merwe  |  Bloemfontein  |  Dealesville  |  Ongeluk  |  Sportvrou  |  Swak Paaie  |  Eis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.