Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Springs-ouers hoor hul lot

Die ma en pa van die Springs-gruwelhuis, wat hul vyf kinders verwaarloos en mishandel het, sal na verwagting Woensdag hul lot uitvind.

Albei ouers, nou 40, is reeds in Augustus skuldig bevind aan onder meer aanklagte van kindermishandeling en -verwaarlosing.

Hul regsverteenwoordigers, asook die staat, het Maandag slotbetoë gelewer voor regter Eben Jordaan in die hooggeregshof in Pretoria.

Jordaan het tydens die betoë opgemerk dat “daar so baie aanklagte is dat die vonnis waarskynlik astronomies sal wees”.

Die pa het Dinsdag in ’n eksklusiewe onderhoud met Netwerk24 gesê hy is voorbereid op ’n lang vonnis.

Die pa in die Springs-gruwelhuissaak praat met sy regsverteenwoordiger. Foto: Deaan Vivier

Sy eksvrou wou nie met die media praat nie. Haar regsverteenwoordigers het Jordaan gevra om in gedagte te hou dat sy aan mishandeldevrou-sindroom ly en daarom ligter gestraf moet word.

Daar is gevra vir ’n hofbevel wat haar sal verplig om sielkundige behandeling te ondergaan.

Adv. Jennifer Cronjé, die staatsaanklaer in die saak, het onder meer Maandag gevra dat albei die ouers elkeen tien jaar tronkstraf opgelê word vir die kindermishandelingaanklagte van die twee oudste kinders en vyf jaar vir die mishandeling van die drie jonger kinders.

Cronjé het die hof gevra om nie die persoonlike omstandighede van die ouers te oorbeklemtoon en hulle ligter te straf ten koste van die kinders en gemeenskap se belange nie.

Sy het verwys na getuienis dat die pa in sy kinderlewe deur sy pa aangerand is en ook deur ’n vriend van sy pa verkrag is.

Cronjé het verder uitgewys dat hoewel daar trauma in albei ouers se kinderlewe was, hulle ook in die tronk die nodige sielkundige hulp sal ontvang.

Verder het Cronjé betoog dat die maatskaplike werkers wat met die kinders werk, aangedui het dat dit uiters nadelig sal wees as die ouers weer toegang sal hê tot hul kinders.

Volg Netwerk24 se regstreekse dekking hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.