Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Staat moet Rohde Vrydag antwoord

Die staat het tot Vrydag om op Jason Rohde se aansoek om verlof tot appèl te antwoord, waarna die aansoek op 16 April aangehoor sal word.

Jason Rohde
Jason Rohde vroeër in die hof.

Rohde se regspan het verlede week sy aansoek by regter Gayaat Salie-Hlophe ingedien om teen die uitspraak en vonnis te appelleer.

Rohde voer aan die hof het sy vonnis op ’n “onaanvaarbare en onregterlike” wyse

benader, wat op “heftige persoonlike kritiek en ’n aanval” neergekom het.

Luidens die aansoek is die skuldigbevinding op “veronderstelling, vermoede en verskeie persoonlike oorwegings” gegrond.

Rohde (50) is 18 jaar tronkstraf weens moord op sy vrou, Susan, en ’n bykomende vyf jaar weens regsverydeling opgelê. Hy dien tans effektiewe tronkstraf van 20 jaar uit.

Susan se lyk is in die egpaar se hotelkamer in die Spier-hotel buite Stellenbosch gevind.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Appèl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.