Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Staat sê Susan reeds dood toe Rohde haar probeer red

Susan Rohde was reeds dood toe haar man, Jason Rohde, haar lewe probeer red het. Dit, volgens die staat, stem nie ooreen met wat Rohde gesê het gebeur het nie.

Adv. Louis van Niekerk, staatsaanklaer, het die verdediging se tweede onafhanklike forensiese patoloog, prof. Izak Loftus, in die hooggeregshof in Kaapstad gekruisondervra oor sy mening oor wanneer Susan dood is.

Prof. Izak Loftus tydens sy getuienis in Junie.Foto: Adrian de Kock

Van Niekerk het Rohde se weergawe van die laaste keer wat hy Susan lewend gesien het – op 24 Julie 2016 om 07:00 – totdat hy haar agter die badkamerdeur gevind het, bevraagteken. Dit was omstreeks 08:30.

Volgens Rohde het hy, toe hy besef Susan is in die badkamer toegesluit, die nutsman ontbied om die deur te kom oopsluit. Dit was om 08:02, het Rohde getuig, omdat hy op daardie oomblik ook Susan se foon gebel het.

Hulle het omstreeks 08:30 toegang tot die badkamer verkry.

Van Niekerk het gesê Susan sou vir sowat 25 tot 26 minute agter die deur gehang het totdat Rohde die deur laat oopmaak het.

Loftus het gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die tye nie en al wat hy kan aanvaar, is dat Susan gehang het.

Van Niekerk het toe verder gesê dat Rohde mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas het nadat hulle haar van die deur losgemaak het.

“Die staat sal aanvoer dat sy vir 25 tot 26 minute agter die deur gehang het. Jy (Loftus) het vroeër getuig oor die tyd wat sy dood is, en as jy daardie tyd in ag neem, stel ek dit aan jou dat sy reeds dood was toe mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas is,” het Van Niekerk gesê.

Loftus het vroeër getuig dat ’n mens byna onmiddellik sou sterf as jy jouself hang.

“Daar is verskillende maniere waarop voorwerpe om die nek gebind kan word wat die tyd van die dood kan beïnvloed – ’n uitgerekte dood, vinnige dood en dan is daar mense wat hulself probeer hang het, wat gered word en dan breinskade oorhou.

“Sy kon heel waarskynlik nog gelewe het toe Rohde by haar gekom het.”

Loftus het op Van Niekerk se vraag of hy die moontlikheid kan uitsluit dat Susan langer as 20 minute geneem het om dood te gaan, geantwoord dat hy nie kan nie. Hy het gesê dit hang af van hoe sy haarself gehang het.

Meer oor:  Jason Rohde  |  Susan Rohde  |  Moord-Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.