Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Staatsgetuie beskryf wat Omotoso glo aan hulle gedoen het
Andisiwe Dike (30) beweer Timothy Omotoso het haar seksueel aangerand. Foto’s: Lulama Zenzile

Die eerste staatsgetuie in die verhoor van die Nigeriese TV-evangelis past. Timothy Omotoso sê sy het getel hoeveel keer Omotoso haar na bewering seksueel aangerand het.

Omotoso en sy medebeskuldigdes, Zukiswa Sitho en Lusanda Sulani, word daarvan aangekla dat hulle jong meisies van oor die land heen vir seksuele voorbereiding gewerf het.

Hulle word ook deur aanklagte van ontvoering, verkragting en rampokkery in die gesig gestaar.

Die beskuldigdes ontken skuld op die 63 hoofaanklagte teen hulle en op 43 alternatiewe aanklagte waarop hulle teregstaan.

Timothy Omotoso, Lusanda Sulani, en Zukiswa Sitho.

Die staatsgetuie, Andisiwe Dike (30), van Oos-Londen, het gesê sy wou in Omotoso se sendinghuis in Durban gaan woon, want sy het gedink dit sou ’n positiewe verandering in haar lewe meebring.

Sy wou die lewe van haar ma en haar twee susters verbeter.

Toe sy uiteindelik in die huis kom, het sy gou by die ander meisies wat daar gewoon het, geleer hoe dinge werk.

Sy het met ses ander meisies in Omotoso se dubbelverdiepinghuis ’n kamer gedeel. Twee meisies het ’n dun sponsmatras gedeel.

Timothy Omotoso se aanhangers het hom by die hof ondersteun.

Die meisies moes onder meer Omotoso se voete masseer, hom komplimenteer terwyl hulle na sy musiek luister, en hulle moes spring om lekkers te vang as hy dit in die lug gooi.

Wanneer hulle hom groet, moes hulle kniel, en niemand moes ’n woord rep oor wat tydens die private sessies met Omotoso gebeur het nie.

Dike het getuig sy is gedurende die private sessies seksueel aangerand. Volgens haar het Omotoso sy geslagsdele teen hare gevryf terwyl hy bo-op haar was. Op een so ’n geleentheid moes Dike na bewering haar onderklere uittrek.

Luidens haar getuienis het hy met haar intrapslag by die huis oor die swakheid van die vlees gepreek, en het aan sommige van die vroue gesê hy weet hulle masturbeer in die stort.

Dike sê hy het na sy geslagsdeel gewys en gesê “dit sal nooit dieselfde wees as dié nie”.

Sy beskryf dit wat met haar gebeur het as “afskuwelik, skokkend en skrikwekkend”.

Omotoso se aanhangers was oudergewoonte weer voor die hof om hom te ondersteun. Die skare ondersteuners het vir die duur van die verhoor gesing en gebid.

Die saak voor regter Irma Schoeman hervat Dinsdagoggend.

Omotoso bly in aanhouding. Sulani en Sitho se borgtog is verleng.

Meer oor:  Timothy Omotoso  |  Aanranding  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.