Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Stacey (6) se moordverdagte vra geen borgtog

Die man wat teregstaan op aanklag van die moord en verkragting van Stacey Adams (6) het besluit om nie ’n aansoek om borgtog by die hof in te dien nie.

Die man wat na bewering Stacey Adams (6) verkrag en vermoor het in Junie in die landdroshof in Mitchells Plain. Foto: Jaco Marais

Die beskuldigde se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy gepleit het nie. Hy het Donderdag in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn.

Stacey se lyk is in Junie naby die beskuldigde se plakkershut gevind. Die gemeenskap het die hut probeer afbrand terwyl hy nog binne-in was en die polisie hom ondervra het. Die polisie moes nog beamptes na die toneel ontbied om hom veilig na die polisiekantoor te neem.

Tydens sy hofverskyning het hy met sy regsverteenwoordiger van Regshulp SA gekonsulteer.

Sy verteenwoordiger het ’n dokument aan hom gegee wat hy geteken het en dit is by die hof ingedien.

Landdros Alwira Bezuidenhout het hom gevra of hy besluit het om nie ’n aansoek om borgtog in te dien nie waarop hy “ja” geantwoord het.

Stacey se lyk is op 24 Junie in ’n vlak graf naby die plakkershut gevind. Die beskuldigde en Stacey se ma, Sashe-Lee Adams, het in dié hut gebly.

Stacey is laas op 23 Junie gesien en die gemeenskap het aanvanklik gedink sy het na ’n partytjie in die omgewing gegaan.

Adams en die beskuldigde was in ’n verhouding.

Adams en haar ma, Laeeqah Adams, was Donderdag in die hof, maar het kort ná die beskuldigde se verskyning, die vertrek verlaat.

“Dit gaan nie goed met ons nie,”, het Laeeqah gesê voordat sy begin huil het.

Die saak is tot 8 Oktober uitgestel.

Darrin Johnsone, staatsaanklaer, het bevestig die staat het die lykskouingsverslag.

- News24

Meer oor:  Stacey Adams  |  Moordverdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.