Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Stacey Adams (6) se moordenaar kry 4 keer lewenslank

Die man wat die sesjarige Stacey Adams verkrag en toe vermoor het, is Dinsdag vier keer lewenslange gevangenisstraf in die hooggeregshof in Kaapstad opgelê.

Christopher Lee Brown (26) het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy gebieg het dat hy Stacey in 2018 wreedaardig vermoor het.

Stacey Adams

Brown het ook skuld beken dat hy ’n voormalige meisie, wat die ma van sy seun was, in 2015 doodgemaak het.

Stacey was die dogtertjie van sy huidige meisie, Sasha-Lee Adams. Stacey het saam met haar ouma in Eastridge, Mitchells Plain, gewoon, oorkant die straat van waar haar ma saam met Brown ’n Wendy-huis gedeel het.

Stacey het een Saterdag in Junie 2018 oorgestap om vir haar ma te gaan kuier. Adams was vir die naweek in Delft en Brown was alleen by die huis.

Hy het Stacey verkrag en gesodomiseer, waarna hy haar ook gewurg en op die grond neergegooi het. Brown sê hy het haar met twee harde houe oor die kop met ’n pan doodgeslaan.

Hy het toe haar lyk in twee plastieksakke gesit en onder sy bed weggesteek. Hierna het hy haar bloed opgevee, sê Brown.

Die lappe wat Brown hiervoor gebruik het, het hy verbrand waarna hy Stacey in ’n vlak graf langs sy huis begrawe het.

Ná sy inhegtenisneming het Brown gebieg dat hy ook sy eksmeisie, Thulisa Lavisa (22), twee jaar vantevore tydens ’n argument vermoor het. Die polisie moes destyds die saak teen Brown laat vaar weens ’n tekort aan bewyse.

Brown het ’n huis met Lavisa en hul seun in Mandela Park, Khayelitsha, gedeel.

Lavisa en die seun het in Augustus 2016 uitgetrek nadat Brown haar aangerand het toe sy laat van die werk af by die huis aangekom het.

Toe sy ’n maand later haar klere gaan haal het, het Brown haar aangerand en verwurg. Hy het Lavisa se lyk onder sy bed weggesteek, wat die volgende dag deur ’n familielid ontdek is.

Brown het twee lewenslange vonnisse vir Stacey se moord en een elk vir Stacey se verkragting en Lavisa se moord gekry.

Brown is ’n verdere ses maande tronkstraf opgelê vir Lavisa se aanranding en nog drie maande omdat hy sy broer aangerand het toe dié in sy huis ingekom het die dag wat hy Stacey vermoor het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.