Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Stella-moorde: Xander Bylsma dán gevonnis

Xander Bylsma (20) se vonnisverrigtinge is vir 18 tot 20 Mei op die hofrol geplaas.

Regter Ronald Hendricks het die saak Dinsdag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes, tot dan uitgestel sodat die verdediging genoeg tyd het om ’n voorvonnisverslag te laat opstel.

Xander Bylsma
Xander Bylsma Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes. Foto: Felix Dlangamandla

Bylsma is Maandag skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade op Sharnelle Hough (17), sy voormalige meisie, asook die moord op Marna Engelbrecht (16), sy kleinnigie. 

Die twee boesemvriendinne se lyke is die oggend van 26 Mei 2018 in die meisieskoshuis by die Hoërskool Stella gevind. 

Bylsma het Sharnelle gewurg en aan ’n trapreling opgehang, terwyl hy Marna met ’n handsak se lus in ’n badkamer verwurg het. 

Hendricks het bevind die motief vir die moorde was ’n mengsel van jaloesie, liefde, woede en teleurstelling nadat Bylsma nie kon verwerk dat hy en Sharnelle se verhouding op die rotse was nie. 

Bylsma en Sharnelle het omtrent ’n jaar uitgegaan voordat hulle ’n maand vóór die moorde uitgemaak het. Hou Netwerk24 dop vir meer. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.