Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Steun vir McBride in hofaansoek

Corruption Watch en die Helen Suzman-stigting het aansoek gedoen om as vriende van die hof toegelaat te word in die saak wat Robert McBride, uitvoerende direkteur van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aanhangig gemaak het teen die minister van polisie, Bheki Cele.

Robert McBride.
Robert McBride, Opod-hoof. Foto: Cornél van Heerden

McBride het ’n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om Cele se besluit om nié sy kontrak as uitvoerende direkteur van Opod te verleng nie, “ongrondwetlik, onwettig en ongeldig” te verklaar.

Francis Antonie, ’n direkteur van die Helen Suzman-stigting, sê in ’n beëdigde verklaring die stigting het ’n belang in die saak omdat Opod ’n “onontbeerlike liggaam is in die geveg teen onder meer korrupsie en georganiseerde misdaad”.

Antonie sê die stigting se voorlegging aan die hof sal ’n kritieke insig gee in die rede waarom die besluit rondom die hernuwing van die kontrak vir Opod se uitvoerende direkteur nié deur ’n “politieke akteur” geneem mag word nie.

“Dit is nodig om voldoende beskerming te bied vir die strukturele, operasionele en institusionele onafhanklikheid van Opod téén politieke, uitvoerende en ander inmenging . . .”

Deur ’n “politieke akteur” die mag te gee om hierdie kontrak te hernu, skep dit “onwettige inmenging in die onafhanklikheid van Opod” lui Antonie se verklaring.

Cele het McBride op 24 Januarie in ’n brief in kennis gestel dat hy die parlement ingelig het van sy besluit om nié sy kontrak te hernu nie.

McBride se kontrak verval einde Februarie.

Opod sal nie sonder hom (McBride) tot stilstand kom nie.
Bheki Cele

Corruption Watch argumenteer dat die besluit rondom die hernuwing van dié kontrak en die proses van ’n nuwe aanstelling nié in so ’n laat stadium gedoen kan word nie.

Corruption Watch sê indien McBride se kontrak verval sonder dat ’n nuwe uitvoerende direkteur aangestel is, sal dit wees omdat die parlement in sy oorsigrol rondom dié sleutelpos misluk het.

Cele argumenteer in hofstukke dat McBride se aansoek om vir sy pos te veg “voortydig” is.

“Opod sal nie sonder hom (McBride) tot stilstand kom nie. ’n Waarnemende direkteur sal heel goed doen terwyl die parlement en die portefeuljekomitee besluit of hulle my voorlopige besluit goedkeur of nie,” lui Cele se hofstukke.

Hy voer ook aan dat McBride welkom sal wees om aansoek te doen vir die pos indien dit wel vakant raak en geadverteer word.

Cele ontken dat hy die portefeuljekomitee “verhinder” het om ’n besluit te neem oor die hernuwing van McBride se kontrak.

McBride skryf in sy verklaring dat hy “in die lig van die minister se optrede en gegewe die feit dat my kontrak op 28 Februarie 2019 verval” geen ander keuse het as om hom tot die hof te wend vir ’n dringende besluit oor sy toekoms nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.