Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Stropers 5 jaar tronk toe oor beskermde ietermago

Drie mans is in die Lenyenye-streekhof naby Tzaneen elk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis omdat hulle ’n ietermago, wat ’n hoogs bedreigde spesie is, by hulle gehad het.

Shadrack Malatji (62), Israel Mametja (37) en France Shai (36), wat verlede week gevonnis is, is op 19 Augustus 2016 buite Hoedspruit in hegtenis geneem toe hulle met die ietermago in ’n Toyota Hilux-bakkie gery het.

Sers. Marobo Seabela, polisiewoordvoerder, sê hulle was van plan om die ietermago in die Sekororo-nedersetting te verkoop.

Die polisie het die lewende ietermago in ’n 25 liter-plastiekemmer op die bakkie gekry.

Die ietermago, wat ongedeerd was, is aan die departement van omgewingsbewaring oorhandig.

Ietermago’s se vleis en skubbe word onder meer vir tradisionele medisyne gebruik. Die diere is wêreldwyd tot op die rand van uitwissing gestroop en het die heel hoogste bewaringstatus. Daar mag glad nie handel met die diere gedryf word nie.

'n Ietermago wat in Limpopo deur die polisie gered is. Foto: SAPD

Nog 'n 'stroper' gevonnis

In ’n onverwante saak in dieselfde hof is ’n man, Themba Ndlovo (40), wat glo renosters buite Hoedspruit in Limpopo wou stroop, ook tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.

Ndlovo, wat skuldig bevind is aan die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, is Donderdag gevonnis nadat hy op 1 November 2017 kort voor middernag op ’n plaas buite Hoedspruit betrap is.

Seabela sê die polisie het inligting gekry dat Ndlovo en twee makkers renosters op ’n wildplaas buite Hoedspruit vir hul horings wou doodmaak.

Ndlovo en een makker is in hegtenis geneem, terwyl die derde een oor ’n heining geklouter en gevlug het.

Seabela sê die tweede man wat in hegtenis geneem is, is intussen dood aan ’n besering wat hy opgedoen het toe hy in hegtenis geneem is.

Die polisie het op ’n .375-jaggeweer met ’n knaldemper, ammunisie, ’n byl en ’n mes beslag gelê.

Meer oor:  Renosters  |  Stropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.