Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Student, ma pak mekaar in hof oor onderhoud
Thomas Klintworth
Thomas Klintworth Foto: Facebook

Die student en sy ma, wat hy vir onderhoud dagvaar, gaan einde Augustus sake in die gesinshof in Johannesburg uitspook, het die seun se pa bevestig.

Craig Klintworth, ’n wapenvervaardiger, wou egter nie verder kommentaar lewer oor sy seun, Thomas, se saak nie, omdat dit sub judice is.

Rapport het Sondag berig dat Thomas, nou ’n eerstejaarstudent in BRek aan die Universiteit van die Witwatersrand, sy ma vir klasgeld, sakgeld én ontspanningsaktiwiteite van R14 655 per maand wil dagvaar.

Thomas se ma, Louwna, ’n persoonlike assistent, was by navraag baie emosioneel en het gesê sy kry geldelik reeds swaar en kan eenvoudig nie aan haar kind se eis voldoen nie.

Volgens Rapport dra sy tans R3 300 per maand by tot Thomas se onderhoud en sê dis wat sy kan bekostig.

“Dis die gevolg van ’n morsige egskeiding,” het Louwna in trane gesê.

Thomas het nie op navrae op sosiale media gereageer nie. Volgens sy ma is hy nou met vakansie.

Intussen het sosialemedia-gebruikers erg teen Thomas uitgevaar.

Een skryf: “Jy mag aanspraak maak op, luister nou mooi, Kind, NIKS! Jou ma moes jou terug gedagvaar het vir die pyn en lyding wat sy moes deurmaak nadat sy aan jou geboorte geskenk het. Skaam jou!”

’n Ander een skryf: “Dis tyd om jou houding te verander. Trek jou vinger uit jou gat en gaan werk vir jou eie geld.”

Die meeste meen hy moet ’n werk kry.

Louwna Klintworth
Louwna Klintworth Foto: Elizabeth Sejake/Rapport
Craig Klintworth
Craig Klintworth Foto: Facebook
Meer oor:  Thomas Klintworth  |  Student  |  Hofgeding  |  Onderhoud  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.