Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Student wat glo tjello steel kry borgtog

Die student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat na bewering prof. Frederick Fourie, oudrektor van die universiteit, se waardevolle tjello gesteel het, is op borgtog van R500 vrygelaat.

Landdros Johandi Gouws het Xabiso Ndleneni (26) van Parkwes in die stad se saak tot volgende week uitgestel wanneer ’n verhoordatum vasgestel sal word.

tjello
Een van die foto's wat op Facebook geplaas is waarin die tjello vir R6 000 geadverteer word.

Adv. Tumelo Ramatlakane, namens die staat, het nie die aansoek dat hy op borgtog vrygelaat word, teengestaan nie.

Ndleneni sal in Bloemfontein bly.

Hoewel Ramatlakane gevra het dat borgtog op R2 000 vasgestel word, kon Ndleneni se ma net R500 bekostig.

Die tjello is vroeër vandeesmaand in ’n studentehuis in Parkwes gekry nadat Ndleneni dit glo teen R6 000 op Facebook probeer verkoop het. Dit is intussen swart gespuitverf.

Die Italiaans vervaardigde Enzo Lassi-tjello was 51 jaar lank Fourie se eerste en enigste tjello.

Hoewel die tjello se waarde in die polisiedossier op R50 000 geraam word, het Fourie vroeër gesê dit kan

baie meer werd wees.

Dit is ná ’n uitvoering van die Vrystaatse Simfonieorkes in September verlede jaar in die Odeion-teater op

die kampus van die UV gesteel.

Fourie was ’n gasheer by ’n geselligheid ná die konsert en hy het sy tjello agter die verhoog gelos waar al die

musici gewoonlik hul instrumente uit- en inpak.

Toe hy terugkom, was dit weg.

Meer oor:  Universiteit Van Die Vrystaat (Uv)  |  Bloemfontein  |  Diefstal  |  Student  |  Borgtog  |  Professor  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.