Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Supra daag ANC-NUK uit in hof

Die ANC-lede van Noordwes, wat die party uitdaag omdat hulle vroeër vanjaar die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) ontbind het, is positief oor hul kanse in die hooggeregshof in Johannesburg.

Die vier lede, insluitende Supra Mahumapelo, Noordwes se vorige premier, is Vrydag in die hof om die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluit te laat omkeer.

Adv. Dali Mpofu SC tree namens Mahumapelo op, wat sy mag in die provinsie kwyt is weens die besluit.

Die aansoekers beskuldig die NUK daarvan dat hulle nie “regverdig” teenoor die provinsie optree nie.

Kutlwano Masibi, een van die aansoekers, het aan News24 gesê alle moontlike opsies is binne die party ondersoek, maar hulle glo die hof sal die regte antwoord gee.

Supra Mahumapelo Vrydagoggend in die hof. Foto: Felix Dlangamandla

Adv. Tembeka Ngcukaitobi tree namens hom en die ander twee ANC-lede op.

“Ons het geen twyfel, veral met die twee regskenners met ’n wye kennis van grondwetlike sake wat polities van aard is, dat ons ’n oorwinning gaan behaal nie,” het Masibi Donderdag in ’n telefoniese onderhoud gesê.

Mahumapelo, wat ook die verkose provinsiale ANC-leier was, hou vol hy is die slagoffer van ’n skoonmaakaksie in die ANC nadat Cyril Ramaphosa in Desember by Nasrec,Johannesburg, as die ANC-leier verkies is.

Mahumapelo was gedwing om uit te tree as Noordwes se premier ná gewelddadige betogings in die provinsie deur inwoners en lede wat die #SupraMustFall-veldtog ondersteun is.

Noordwes is onder administrasie geplaas te midde van bewerings van korrupsie en ’n gesondheidstelsel wat in duie gestort het.

“Wat hier belangrik is, is dat geregtigheid moet geskied,” sê Masibi.

Masibi sê lede van die NUK moet onthou dat hul besluite by die ANC se nasionale konferensie in 2020 in die soeklig sal wees, waar beleide en die stand van die organisasie bespreek word.

“Ons gaan hulle aanspreeklik hou vir besluite wat reeds geneem is,” sê Masibi. - News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.