SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
Supra verloor hofstryd
Die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo. Foto: Felix Dlangamandla

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, se dringende aansoek teen die ANC se besluit om die party se provinsiale uitvoerende komitee in dié provinsie te ontbind, is met koste van die hand gewys.

Regter Seun Moshidi het in die hooggeregshof in Johannesburg beslis die aansoek is nie dringend nie.

Mahumapelo en vier ander ontevrede ANC-lede van Noordwes, Aaron Motswana, Mamonyenyane Maleke, Kutlwano Masibi en Grayn Jood, het aangevoer die besluit deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee is ongeldig en irrasioneel.

Adv. William Mokhari, vir die ANC, het gesê Mahumapelo se aansoek is futloos en nie dringend nie omdat dit 24 dae ná die besluit gebring is.

Meer oor:  Supra Mahumapelo  |  Komitee  |  Hofstryd  |  Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.