Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Survé se Ayo vra hof moet bank keer om geriewe op te skort

Die JSE-genoteerde tegnologie-beleggingsgroep Ayo Technology Solutions Limited (Ayo) het ’n dringende hooggeregshofaansoek ingedien om First National Bank (FNB) te verbied om sy banktransaksie-geriewe met ingang 3 Mei te beëindig.

FNB het geen redes verskaf vir sy besluit om sy sakeverhouding met Ayo te beëindig nie, in weerwil van Ayo se versoeke dat hy dit doen, het die groep Donderdagaand luidens ’n verklaring gesê.

“Dit het Ayo met geen ander keuse gelaat as om aansoek te doen vir ’n dringende hofinterdik teen die bankgroep nie. Ayo is van mening dat FNB se besluit onwettig en ongrondwetlik is,” lui die verklaring.

Ayo het ook in die verklaring gesê dat nie hy of enige van sy bestuurders skuldig bevind is aan korrupte aktiwiteite nie. Hy meen ook dat die Mpati-kommissie van ondersoek, onder voorsitterskap van regter Lex Mpati, destyds geen nadelige bevindings gemaak het nie.

Dit volg op aantygings oor die verhouding en transaksies tussen maatskappye in die Sekunjalo-groep van dr. Iqbal Survé – hoofsaaklik Ayo – en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Die Mpati-kommissie se finale verslag is in Maart 2020 uitgereik. Die kommissie het onder meer bevind dat dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, nie die regte prosesse gevolg het toe die OBK in Desember 2017 R4,3 miljard in Survé se Ayo belê het nie.

“Ayo is van mening dat die besluit van FNB diskriminerend is, dat dit handel beperk en dat dit in stryd is met sy grondwetlike regte.”

Ayo meen verder dat die reg toegepas moet word om die bank te verhinder om op so ’n arbitrêre manier teenoor klante op te tree, lui die verklaring.

Meer oor:  Fnb  |  Ayo  |  Bank  |  Hofbevel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.