Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Suur-aanval nié moord, bevind hof

’n Suid-Afrikaanse vrou wat haar Nederlandse ekskêrel só erg met swaelsuur vermink het dat hy genadedood gekies het, is deur ’n Britse hof onskuldig bevind aan moord. The Guardian in Brittanje berig Berlinah Wallace (49) is wel skuldig bevind dat sy swaelsuur op Mark van Dongen (29) gegooi het om hom te beseer.

Sy word Woensdag gevonnis.

Mark van Dongen (29) se pyn was vir hom so ondraaglik dat hy in Januarie 2017 sy lewe in ’n genadedood kliniek in België beëindig het.
Berlinah Wallace (49), wat haar Nederlandse eks-kêrel in 2015 vermink het deur ’n glas swaelsuur in sy gesig te gooi, is die afgelope week in Engeland onskuldig aan moord bevind.

Van Dongen het in 2015 sy verhouding met Wallace verbreek en ’n paar dae later het sy hom in sy huis aangeval. Hy het brandwonde oor meer as 80% van sy lyf opgedoen, en is van sy nek af verlam en het sy linkerbeen, ’n deel van sy lip, ’n oor en ’n oog verloor.

Die pyn was ondraaglik en in Januarie verlede jaar het hy sy lewe in ’n genadedoodkliniek in België beëindig.

Die aanklaers het aangevoer Wallace moet aan moord skuldig bevind word omdat die aanval tot sy dood gelei het, maar ’n jurie het ná 15 uur se beraadslaging eenparig bevind dit is nie so nie.

Rapport het in April berig Wallace het in die hof beweer sy het nie geweet die glas bevat suur nie, en het glo gedink dis water. Sy het die swawelsuur self op die aanlyn winkel Amazon gekoop.

Van Dongen se pa, Kees, het aan The Guardian gesê Wallace is “die verpersoonliking van die duiwel”.

Meer oor:  Onskuldig  |  Moord  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.