Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Swendelaar 3 jaar tronk toe

Die Facebook-swendelaar van Bloemfontein wat tientalle mense met vervalste advertensies ingeloop het, is Donderdag in die streekhof in die stad tot drie jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Marius Smit met ’n vorige hofverskyning.Foto: Alzane Narrain

Marius Smit (27), wat in Julie 2019 deur die Valke aangekeer is nadat hy mense landwyd uit derduisende rande bedrieg het deur voertuie wat nie syne is nie op Facebook te koop aan te bied, is Donderdag gevonnis.

Hy is vroeër aan 76 aanklagte van bedrog skuldig bevind.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, spruit Smit se vonnisoplegging uit voorvalle waar hy verskeie vals Facebook-profiele geskep en ander vroue se foto’s, name en vanne (nooit regte mense se name en vanne saam nie) gebruik het.

Hy het ook vier verskillende identiteitsdokumente en talle voorafbetaalde selfoonnommers gebruik om advertensies vir motors en bakkies op Facebook te plaas.

Die foto’s wat hy vir sy advertensies gebruik het, was van voertuie wat werklik te koop was.

Hy het dan die kopers vir ’n deposito gevra of petrolgeld sodat hy die voertuig tot by hulle kan bring.

Gewoonlik was dit sowat R3 000. As die mense die geld met MoneyMarket, eWallet of CashSend aan hom

betaal het, het hy die profiel verwyder en van die selfoonnommer en SIM-kaart ontslae geraak.

Meer oor:  Marius Smit  |  Bloemfontein  |  Tralies  |  Valke  |  Swendelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.