Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tandarts sal glo nie weer oortree

Die vonnisverrigtinge van ’n tandarts van George wat skuldig bevind is op aanklag dat hy in 2015 ’n 13-jarige seun seksueel betas het, is deur streeklanddros Francis Makamandela tot Donderdag uitgestel.

Dr. Ian Venter (46) se naam is reeds in die register vir seksoortreders opgeneem. Hy is in 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis omdat hy in 2011 in sy huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het.

Dr. Ian Venter vroeër by die hof in Thembalethu, George. Foto: Verskaf

Hy is in 2015 weer in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy ’n 13-jarige seun seksueel betas het toe die kind by sy huurhuis, toe in Heroldsbaai, oorgeslaap het. Hy is op 11 April in die streekhof in George op dié aanklag skuldig bevind.

Venter het Woensdag weer in die streekhof in George verskyn. ’n Maatskaplike werker, Arina Smit van Nicro, wat in opdrag van die verdediging ’n verslag oor Venter opgestel het, het getuig Venter is ’n oortreder met ’n lae tot medium risiko om weer te oortree. Hy hou ook vol hy is onskuldig.

Nicro is ’n private welsynorganisasie wat onder meer die rehabilitasie van oortreders ten doel het.

Luidens die verslag is Venter en sy vrou, Romy (wat in 2014 dood is), in 1997 getroud en het hulle ’n gesonde seksuele verhouding gehad. Hulle was ook betrokke by die modelwêreld, was as ’n glanspaartjie in Gauteng beskou en was vriende met verskeie glanspersoonlikhede. Sy vrou het later ’n buite-egtelike verhouding gehad, maar hulle het aan hul huwelik gewerk.

In 2014 is sy vrou ná ’n siekbed in George dood. Sy het aan inkluis-sindroom gely en haar siekte het ’n groot invloed op Venter en die egpaar se drie kinders – nou 19, 16 en 10 – gehad. Hy was die kinders se hoofversorger omdat sy vrou siek was. Sy is in ’n sorgsentrum versorg.

Venter het ook ’n vorige veroordeling vir bestuur onder die invloed van alkohol in 2011, wat volgens hom gebeur het omdat hy hartseer was nadat hy sy vrou besoek het en toe iets gedrink en daarna bestuur het. Hy het nie ’n geskiedenis van dwelmmisbruik nie en is ook nie ’n verslaafde nie. Sy kinderjare was gelukkig en hy het verskeie leierskapsposte beklee soos hoofseun en was ook ’n lid van Bloemfontein se junior stadsraad.

Luidens die verslag is Venter aangetrokke tot vroue wat goed aangetrek is en is hy heteroseksueel. Toe ’n onderhoud met hom gevoer is vir die verslag, het hy gemaklik voorgekom oor sy seksualiteit.

Meer oor:  Dr. Ian Venter  |  Victoriabaai  |  Seksoortreders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.