Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tandarts se slagoffer ‘sal voorval nie uit kop kry’

’n Seun wat in 2015 op 13-jarige ouderdom seksueel betas is deur ’n tandarts van George, “sal nooit die gedagtes oor die voorval uit sy kop kan kry nie”.

So het Hayley Koen, maatskaplike werker van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat ’n verslag oor die slagoffer opgestel het, Donderdag in die streekhof in George in die vonnisverrigtinge van die tandarts, dr. Ian Venter, getuig.

Dr. Ian Venter Foto: Jackie Kruger

Venter (46) se naam is reeds in die register vir seksoortreders opgeneem. Hy is in 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis omdat hy in 2011 in sy huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het.

Hy is in 2015 weer in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy die 13-jarige seun seksueel betas het toe die kind by sy huurhuis, toe in Heroldsbaai, oorgeslaap het. Venter is op 11 April in die streekhof in George op dié aanklag skuldig bevind.

Volgens Koen is die seun se selfbeeld swak ná die gebeurtenis en voel hy onveilig. Hy sukkel om mense te vertrou en is ongemaklik in die teenwoordigheid van ouer mans. Dit het ook die verhouding tussen hom en sy pa negatief geraak.

“Daar is steeds ’n problematiese verhouding tussen hom en sy pa,” het Koen getuig.

Ná die voorval het die seun se skoolwerk agteruitgegaan. By die skool het hy homself geïsoleer en ook belangstelling verloor in atletiek waarin hy uitgeblink het.

Hy was skaam oor wat gebeur het en was bang die wêreld dink hy is ’n slegte mens.

Die seun het laat blyk dat hy nooit die gedagtes oor die voorval uit sy kop sal kan kry nie.

Hy studeer nou aan ’n kollege waar sy vriende geen kennis van die voorval dra nie. Hy sosialiseer steeds nie baie nie.

Die seun (nou 16), wat ’n vriend van Venter se seun was, het die aand van 11 April 2015 by Venter-hulle oorgeslaap. Luidens die hofstukke het Venter gesê hy gaan die seun aan sy geslagsdeel gryp as hy die braaivleis “opmors”. Later het almal gaan slaap. Venter het die seun aangesê om in ’n spesifieke kamer te gaan slaap. Hy het hom daar betas.

Die verhoor is Donderdag deur streeklanddros Francis Makamandela tot 8 November uitgestel omdat die staat se maatskaplike werker siek is en nie kon getuig nie.

Meer oor:  Ian Venter  |  George  |  Seksslagoffer  |  Tandarts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.