Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tandarts wat betas se vonnis uitgestel tot 2019

Die vonnisverrigtinge van ’n tandarts van George, dr. Ian Venter, wat skuldig bevind is op aanklag dat hy in 2015 ’n 13-jarige seun seksueel betas het, is tot aanstaande jaar uitgestel.

Ian Venter. Foto: Facebook

Venter (46) se naam is reeds in die register vir seksoortreders opgeneem. Hy is in 2014 tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis omdat hy in 2011 in sy huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het.

Hy is in 2015 weer in hegtenis geneem en daarvan aangekla dat hy ’n 13-jarige seun seksueel betas het toe die kind by sy huurhuis, toe in Heroldsbaai, oorgeslaap het. Hy is op 11 April vanjaar in die streekhof in George op dié aanklag skuldig bevind.

Venter het Donderdag weer in die streekhof in George verskyn. ’n Maatskaplike werker het aanbeveel dat Venter, die pa van twee minderjarige kinders, gevangenisstraf opgelê word. Volgens haar is hy ’n hoërisiko-oortreder.

Venter is die gesin se primêre versorger. Onderhoude is met verskeie familielede gevoer, behalwe die kinders se ouma, omdat sy nie bereik kon word nie.

Streeklanddros Francis Makamandela het gevra dat die ouma ook gekontak moet word om haar insette te kry en die saak tot 14 Januarie 2019 uitgestel.

Meer oor:  Ian Venter  |  George  |  Tandarts  |  Uitgestel  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.