Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tandarts weer skuldig aan seksuele aanranding met kind
Dr. Ian Venter vroeër buite die hof in Thembalethu in George. Foto: Jackie Kruger

’n Tandarts van George, wie se naam in die nasionale register vir seksoortreders verskyn, is Woensdag op ’n aanklag van die seksuele aanranding van ’n minderjarige skuldig bevind.

Ian Venter is in 2014 in die streekhof in Thembalethu tot vier jaar korrektiewe toesig gevonnis. Hy is toe skuldig bevind dat hy in sy destydse huurhuis in Victoriabaai seks met ’n 15-jarige seun gehad het en ook pornografie aan hom gewys het.

Van die voorwaardes van sy vonnis was dat hy nie minderjariges in sy praktyk mag behandel nie. Sy naam is toe ook in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem.

In 2015 is Venter weer in hegtenis geneem en aangekla daarvan dat hy op 11 April (van dieselfde jaar) ’n 13-jarige seun seksueel betas het toe die kind in sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het.

Streeklanddros Francis Makamandela het Venter Woensdag in die streekhof in George op ’n aanklag van die seksuele aanranding op ’n minderjarige skuldig bevind.

Volgens hofstukke het Venter die betrokke aand gesê hy gaan die seun aan sy geslagsdeel knyp as hy die braaivleis sou opmors.

Later het almal gaan slaap. Venter het die seun aangesê om in ’n spesifieke kamer te gaan slaap, waar hy hom toe later betas het. Die seun is sonder Venter se medewete terug huis toe. Hy het eers die volgende oggend ontdek dat die kind nie in sy huis geslaap nie.

Die saak is tot 6 Junie vir voorvonnisverslae uitgestel.

* Venter word ook van minagting van die hof aangekla nadat hy na bewering in 2016 kinders in sy praktyk in George behandel het. Die saak van minagting van die hof is deur die nasionale vervolgingsgesag aanhangig gemaak. Dit is deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek. Hy het op 6 April in die hof in Thembalethu verskyn en die saak is tot 20 April uitgestel.

Meer oor:  George  |  Pornografie  |  Tandarts  |  Seksuele Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.