Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Tanya Wiers het geveg om haarself te beskerm

Die etlike diep snywonde aan Tanya Wiers se hande dui daarop dat sy haarself teen haar moordenaar probeer beskerm het terwyl sy herhaaldelik met ’n skêr en ’n steakmes gesteek is.

Dr. Malekgopo Matlala, staatspatoloog, het Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane getuig Wiers (44) het haar doodgebloei weens veelvuldige steekwonde. Sy is op 7 Februarie 2017 in die gesin se huis in Eduanpark in Polokwane vermoor.

Tanya Wiers het die foto van haarself geneem enkele ure voordat sy vermoor is.

Matlala het gesê haar lugpyp was vol bloed. Dit was veral die twee diep steekwonde aan weerskante van haar nek, net onder die kakebeen, wat baie bloeding veroorsaak het.

Die hof het ook gehoor Wiers is verkrag voordat sy vermoor is.

Frans Maela (28), wat weens haar moord aangekla word, het uitdrukkingloos in die beskuldigdebank in die hof gesit. Hy ontken skuld op die aanklagte van moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hy het as tuinier by die Wiers-gesin se bure gewerk.

Rolf Wiers, Tanya se man, het foto’s aan Netwerk24 verskaf wat Tanya van haarself geneem het enkele ure voordat sy vermoor is. Op die foto het sy dieselfde sybloes met blompatrone aan, wat sy steeds aangehad het toe die lykskouing op 9 Februarie gedoen is.

Tanya en Rolf Wiers van Polokwane was 20 jaar getroud.

Kapt. Regina Cecilia Janse van Rensburg, senior forensiese analis van die polisie se laboratorium in Pretoria, het namens die staat getuig daar is van Wiers se DNS op ’n skêr, die handvatsel van die skêr, ’n steakmes en die mes se hef gekry. Dit dui daarop dat Wiers met ’n skêr sowel as ’n mes gesteek is.

Die bloedspatsels teen die kamermuur en op ’n houttafel in die kamer waar Wiers vermoor is, bevat ook haar DNS.

Janse van Rensburg het getuig daar is ook van Wiers se DNS gekry in bloedsmeersels aan die wasbak in die huis se hoofslaapkamer sowel as aan ’n elektriese koord en ’n haarkrultang wat naby haar lyk gekry is.

Die Wiers-egpaar het drie kinders, Bianca (20), Rolf (18) en ’n 14-jarige dogter. Rolf het getuig hoe hy op sy ma se halfnaak en bebloede lyk in sy jongste suster se kamer afgekom het. Hy is intussen uit die skool geskors weens erge trauma en woede-uitbarstings.

Die gesin het ná die moord nooit weer in die huis gebly nie.

Meer oor:  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Hof  |  Moordverhoor  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.